US Woordfees Diskoers 2015

Diskoers 2015

Kenners en kundiges takel weer 'n reeks netelige kopstukke oor Suid Afrika, taal, geloof, sosio-ekonomiese kwessies, geskiedenis en nog meer. iono.fm het weereens opnames gemaak vanuit die Boektent, Erfurthuis en vanjaar ook Die Khaya, en sal dit stelselmatig oor die volgende paar dae beskikbaar maak.
Afrikaans South Africa News · Technology
28 Episodes
1 – 20

Stellenbosch 360: Sestien onse in ons pond?

Fassiliteerder: Andreas van Wyk Met Conrad Sidego, Jerome Slamat, Annemarie Ferns, Elsabé Retief, Porchia Adams en Servaas van den Berg Is daar eenheid tussen Stellenbossers na die verdelings van die verlede? Is verdeeldheid iets van die verlede? Eenheid tussen ons gemeenskappe: Hoe nou gemaak?
14 Mar 2015 10AM 48 min

Jan Marais-gedenklesing

Met Ton Vosloo Jannie Marais het 100 jaar gelede die stigting van Die Burger (en Naspers) moontlik gemaak deur die aankoop van ’n drukpers te borg. Die voormalige Victoria College (nou US) raadslid en Volksraadlid is egter dood voor die eerste koerant verskyn het. Met sy inkomste uit Kim- berley…
14 Mar 2015 7AM 31 min

Brothers in Armchairs

Post-apartheid cultural struggles at Die Burger Gabriël Botma was lid (en later redakteur) van Die Burger se kunsredaksie in die 90s en vroeë jare van die nuwe eeu. In hierdie tyd het die politieke omwenteling in die land ook in kunsjoernalistiek neerslag gevind - soms direk, soms via ekonomiese, sosiale…
14 Mar 2015 3AM 27 min

Geloof op die Markplein Gespreksreeks: Kyk God rugby?

Kyk God rugby? Oor God en sport Gespreksleier: Johan van der Merwe Met Jacques Steenkamp, Dawie Snyman, Richard van Wyk 36 Met die vinger na bo gee die rugbyheld erkenning vir die pragdrie wat hy so pas gedruk het. Ons dank God vir die Bok-oorwinning, sê die afrigter. Maar intussen…
12 Mar 2015 6PM 39 min

Spooksaam: Filosofie en die WVK

SPOOKSAAM Spooksaam: Filosofie en die WVK Gespreksleier: Johan Rossouw Met André du Toit en Pieter Duvenage Du Toit vertel oor sy loopbaan as politieke filosoof, met spesifieke verwysing na “Die kwessie van amnestie in die WVK-proses”.
12 Mar 2015 10AM 54 min

Anderste helde: Neville Alexander

Hermann Giliomee in gesprek met Bill Nasson In gesprekke op Robbeneiland met Nelson Mandela het Neville Alexander mobilisering en begunstiging op rassegronde verwerp. Hy het die ANC gesien as basies ’n swart orga- nisasie, gelei deur ’n swart middelklas en Staliniste, wat die oorheersing van swart middel- klasbelange onder die…
12 Mar 2015 9AM 44 min

GELOOF OP DIE MARKPLEIN GESPREKSREEKS: Gaan God skool toe?

Aangebied deur Moederkerk Gaan God skool toe? Oor die grondwetlikheid van godsdiens in skole Gespreksleier: Johan van der Merwe Met Paul Colditz, Henk Botha, Hans Pietersen In ’n hofsaak wat eersdaags in die hooggeregshof aangehoor word, neem die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie ses skole hof toe om die grondwetlikheid…
12 Mar 2015 5AM 54 min

Stellenbosch 2065: sterwend, steierend of innoverend?

Stellenbosch groei geweldig. Hoe moet dié verandering bestuur word om al die inwoners ten beste te dien? Kom luister na nuwe insigte en invalshoeke oor stedelike ontwerp in Stellenbosch, vir Stellenbosch.
12 Mar 2015 3AM 50 min

RUSSEL BOTMAN DEBATREEKS: Grondhervorming

Grondhervorming: Is die regering, boere en gemeenskappe opgewasse vir die taak? Die groot boere boer vooruit, nuwe boere sukkel om hond haaraf te maak en bestaansboerderye spring op waar daar vroeër op ’n kommersiële skaal sake gedoen is. Met hierdie uiterstes as vertrekpunt maak die regering gereed vir grondhervorming. Hoe…
11 Mar 2015 1PM 1 hr 15 min

FREDERIK VAN ZYL SLABBERT DISKOERSREEKS: Is gee, gee, gee genoeg?

Aangebied deur die US Studenteraad: Wat behels ’n sosiale bewussyn? Is dit genoeg om bloot geld aan behoeftiges te gee, of dra dit by tot ’n bose kringloop? En, as ’n mens wel iets gee, dui dit op ’n betrokke burger of is dit eerder ’n manier om nié die…
11 Mar 2015 11AM 1 hr 03 min

Spooksaam: Wisselstroom

Gespreksleier: Pieter Duvenage Met Lindie Koorts en Albert Grundlingh Afrikaners in die post-1994 geskiedskrywing.
11 Mar 2015 10AM 54 min

Poolshoogte

Met Louise Viljoen, Francis Galloway, Bettina Wyngaard, Marga Stoffer Poolshoogte, definisie (volgens Verklarende Afrikaanse Woordeboek, Pharos): Die ware noorde of suide, die hoogte van die pool bokant die horison. Om die poolshoogte te neem, is om inligting in te win, ’n saak te ondersoek. En wat LitNet se Poolshoogteskrywerskongres ondersoek…
11 Mar 2015 9AM 53 min

Anderste helde: Frederik Van Zyl Slabbert

Hermann Giliomee in gesprek met Albert Grundlingh Van Zyl Slabbert kan gesien word as die parlementslid wie se kritiek op apartheid die grootste uitwerking op voorstanders van apartheid in die parlement gehad het. Hy was ook die persoon wat die idee van ’n onderhandelde skikking wyd inslag laat vind het,…
11 Mar 2015 9AM 52 min

Fanie Viljoen: Pleisters vir die Dooies

Aangebied deur Lapa Fanie Viljoen se jong volwasse roman, Pleisters vir die dooies, is skokkend – maar word deur ouers en leerkragte geloof vir die eerlike uitbeelding van die donker kant in jongmense. Toe volg sy boek Uit, oor homoseksualiteit. In hierdie multimedia-aanbieding gesels Fanie met Nanette van Rooyen oor…
11 Mar 2015 8AM 48 min

Geloof op die Markplein Gespreksreeks: Wie is die NG Kerk?

Wie is die NG Kerk? Oor bastions en onsekerheid Gespreksleier: Johan van der Merwe Met Fourie Rossouw, Jean Oosthuizen, Nelus Niemandt Daar word al jare bespiegel dat die NG Kerk die kreeftegang van die NP sal nadoen. Terwyl sommige sê hulle kan al die krake sien en die ineenstorting is…
11 Mar 2015 3AM 52 min

Beste Professor: China in Afrika

Kenners en kundiges takel weer 'n reeks netelige kopstukke oor Suid Afrika, taal, geloof, sosio-ekonomiese kwessies, geskiedenis en nog meer. iono.fm het weereens opnames gemaak vanuit die Boektent, Erfurthuis en vanjaar ook Die Khaya, en sal dit stelselmatig oor die volgende paar dae beskikbaar maak.
10 Mar 2015 6PM 51 min

Waldemar Schultz en Leon Kruger

Kenners en kundiges takel weer 'n reeks netelige kopstukke oor Suid Afrika, taal, geloof, sosio-ekonomiese kwessies, geskiedenis en nog meer. iono.fm het weereens opnames gemaak vanuit die Boektent, Erfurthuis en vanjaar ook Die Khaya, en sal dit stelselmatig oor die volgende paar dae beskikbaar maak.
10 Mar 2015 6PM 56 min

RUSSEL BOTMAN GESPREKSREEKS: Onderwys in Suid-Afrika:

Onderwys in Suid-Afrika: Lig aan die einde van die tonnel? Of ’n aankomende trein? Met selfs politici wat hul kinders na private skole stuur, moet ernstig gekyk word na staats- onderwys. Kan ons nog die skip omdraai, of is die skade selfs erger as dié van 1976?
10 Mar 2015 1PM 1 hr 01 min

FREDERIK VAN ZYL SLABBERT DISKOERSREEKS

Malan en Vorster: is hulle nog welkom op die kampus? Die BJ Vorster-gebou staan deesdae bekend as die Lettere-gebou. Maar wat van die DF Malan-gedenksentrum, JC Smuts-gebou, Majuba (manskoshuis), PO Sauer-gebou en die RW Wilcocks? Moet die name só bly of is verandering nodig?
10 Mar 2015 11AM 46 min
1 – 20