US Woordfees Skrywersfees 2015

Skrywersfees 2015

Skrywers uit die boonste rakke wat gesels oor hulle jongste boeke, profiele van ons gewildste outeurs en baanbrekers en gesprekke rondom ander interessante en netelige sake rondom die skryfkuns. Die 2015 Skrywersfees bied iets vir elkeen wat in Afrikaans en Afrikaanse literatuur belangstel. iono.fm het weereens opnames gemaak van die literêre items in die Boektent, Erfurthuis en vanjaar ook Die Khaya, en sal dit stelselmatig oor die volgende paar dae beskikbaar maak.
Afrikaans South Africa Arts
53 Episodes
24 – 44

Dawie Louw: eMajuba

Aangebied deur Naledi Nelia en Retief wil albei om persoonlike redes afreken met die invloedryke sakeman Boris de Beuck. Hulle delf in die voorgeskiedenis van die Boshoffs en De Beucks vanaf die oorlog in 1902, via die gewapende stryd van Umkhonto we Sizwe in die 70s, tot en met die…
11 Mar 2015 6PM 41 min

Opposisiepolitiek: Kan die ANC ooit uit die kussings gelig word?

Skrywers uit die boonste rakke wat gesels oor hulle jongste boeke, profiele van ons gewildste outeurs en baanbrekers en gesprekke rondom ander interessante en netelige sake rondom die skryfkuns. Die 2015 Skrywersfees bied iets vir elkeen wat in Afrikaans en Afrikaanse literatuur belangstel. iono.fm het weereens opnames gemaak van die…
11 Mar 2015 6PM 2 hr 08 min

Profiel: Pieter Fourie, 75

Wyn geborg deur Freedom Hill As ervare akteur, regisseur en teateradministrateur, is die verhoog Pieter Fourie se natuurlike tuiste. Vir hom is teater ’n afspraak met die lewe. Hy weet uit ondervinding waarvan teatergangers hou en skryf teater uit die volk vir die volk, ongeag die sogenaamde literêre meriete daarvan…
11 Mar 2015 11AM 48 min

Antjie Krog: Mede-wete

Aangebied deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers Antjie Krog lees voor uit Mede-wete, haar aangrypende nuwe digbundel, en gesels oor haar werk. Die digbundel – haar eerste in agt jaar – hanteer temas soos taal, geheue en gewete met ’n nuwe intensiteit en beleënheid. Dit laat blyk ook…
11 Mar 2015 10AM 35 min

Pat Stamatélos: My groot vet Griekse egskeiding

Aangebied deur Penguin Random House Daar is huismoles in ’n Griekse huishouding in Johannesburg oor ’n man en vrou wat nie tot skei kan kom nie, en dit word vertel soos net Pat Stamatélos kan! Ilse Salzwedel gesels met die skrywer van die topverkoper, Kroes, oor haar nuwe roman –…
11 Mar 2015 10AM 48 min

Lizette Murray: In die ligkring van Sy teenwoordigheid

Aangebied deur CUM uitgewers Elize Parker gesels met Lizette Murray oor haar nuwe boek, In die ligkring van Sy teenwoordigheid. Dié gebedeboek bied inspirasie vir diep nadenke en ’n wegspringplek vir eie, intieme gesprekke met die Vader. As ’n vryskutrubriekskrywer vir Lééf – met hart & siel, behartig Lizette onder…
11 Mar 2015 8AM 40 min

Brothers in War & Peace

Aangebied deur Penguin Random House Abraham and Constand Viljoen took starkly different paths in life. One was a deeply religious man who opposed apartheid; the other was a man of war who became the head of the SADF. But together they would play a crucial role in preventing South Africa…
11 Mar 2015 6AM 40 min

Hugo en Poland: Vertaler en vertaalde

Marguerite Poland word tereg beskou as ’n grande dame van Suid-Afrika se Engelse letter- kunde. Nou klink haar stem vir die eerste keer ook op in Afrikaans. Die skrywer gesels met haar vertaler, Daniel Hugo, oor haar jongste roman, The Keeper, wat in Afrikaans as Die bewaker verskyn het.
11 Mar 2015 5AM 42 min

Elaine Marais: Afdraaipad

Aangebied deur Naledi Wanneer Lize in Engeland aankom en verlief raak op haar gasheer, Conrad Buckle, kies sy ’n afdraaipad en swenk met elke nuwe, ondeurdagte besluit verder weg van God en die Lize wat sy eenmaal was. Totdat Conrad een aand sy hand vir haar lig... Wendy Maartens gesels…
11 Mar 2015 5AM 44 min

RSG Gespreksreeks: Sielkunde

Aangebied deur Naledi en RSG Is alle selfhelpboeke van hulp? Of beklemtoon dit eerder die leser se swak plekke en tekort- kominge? Hoe kies jy die regte boek? Louis Awerbuck en Lise Swart (Wie is ek?) in gesprek oor selfhelpboeke en lesers se uiteenlopende reaksies daarop.
11 Mar 2015 4AM 49 min

Bill Nasson: WWI and the people of SA

Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers Johann Myburgh in conversation with Bill Nasson on the influence of the First World War on the development of South African politics, the community, and day-to-day life. Instead of a conventional military history, WWI and the people of SA is a gripping story…
11 Mar 2015 4AM 48 min

Profiel: Dorothea van Zyl, 65

Kom vier die werk en lewe van Dorothea van Zyl, die moeder van die Woordfees, saam met Niël Rademan. As Afrikaans- en Nederlandsdosent het sy ’n bepalende invloed in die loop- baankeuse en beroepslewe van menige student gehad. Haar studenteleiding, navorsings- werk, en visie en dryfkrag as Woordfeesdirekteur die afgelope…
10 Mar 2015 11AM 1 hr 01 min

Rewolusie van die hart en HaKotel, die muur

Aangebied deur Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers Wanda Bam gesels met Adriana Faling en Marzanne Leroux-Van der Boon. Faling se debuutroman, Rewolusie van die hart, volg die spannende verhaal van twee vroue van verskillende agtergronde in twee lande van 27 uiteenlopende aard, hul lewensverloop en hul stryd om die…
10 Mar 2015 10AM 40 min

PJ Powers: Here I Am

Aangebied deur Penguin Random House Die legendariese PJ Powers se lewensverhaal is deur Marianne Thamm opgeteken in Here I Am. Sonder om doekies om te draai, vertel Thandeka, soos Powers deur haar aanhangers in Soweto gedoop is, van die struikelblokke wat sy moes oorkom. Twee formidabele vroue aan die woord.
10 Mar 2015 10AM 48 min

Joan Hambidge: Matriks

Aangebied deur Human & Rousseau, ʼn druknaam van NB-Uitgewers Matriks het al die elemente wat aanhangers van ʼn Hambidge-bundel verwag: Die verhouding met die ouers en familie, gesprekvoering met ander skrywers, liefdesverhoudings en hul eindes, reise na verre plekke en gedigte met beelde en bekende sterftes as vertrekpunt. En altyd…
10 Mar 2015 10AM 55 min

Francois Smith: Kamphoer

Aangebied deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers. Kamphoer is die ware verhaal van ’n vrou wat gedurende die Anglo-Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvoëls weggegooi is. Sy wy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was. En in die proses kom sy…
10 Mar 2015 9AM 21 min

Marco Botha: Baanbrekers: Hoe Suid-Afrikaanse sportleiers kampioene slyp

Aangebied deur Jonathan Ball Hoe maak sportleiers soos Heyneke Meyer, Brendan Venter, Sherylle Calder, Paul Treu, Gary Kirsten en Paddy Upton kampioene van gewone mense? Die spesialisjoernalis Marco Botha kyk in sy boek Baanbrekers na verskeie sportleiers se leierskapstyle, uiteenlopende suksesverhale en hoe hulle spelers bemagtig en ontwikkel.
10 Mar 2015 9AM 49 min

Fotoverhale: die meriete van dié verbode boekies

In baie huise was fotoverhale eenvoudig taboe, maar boekies soos Ruiter in swart en Saal 10 is wyd gelees – of dit nou skelm was of nie. Etienne en François Bloemhof en Pieter Miller, ’n kranige versamelaar wat byna 3 000 van dié boekies het, gesels oor dié verbode boekies…
10 Mar 2015 8AM 48 min

Leon van Nierop: Ballade vir ’n enkeling

Aangebied deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers In die middel jare tagtig het die treffer TV-reeks Ballade vir ’n enkeling rekord kykertalle bereik. Nou word die verhaal weer vertel, maar dié slag soos dit werklik gebeur het, sonder versagting, aangepas vir 2014 – en dit is eersdaags in teaters te…
10 Mar 2015 6AM 39 min
24 – 44