Skrywersfees 2015

US WOORDFEES  |  Podcast , ±48 min episodes every 3 hours  | 
Skrywers uit die boonste rakke wat gesels oor hulle jongste boeke, profiele van ons gewildste outeurs en baanbrekers en gesprekke rondom ander interessante en netelige sake rondom die skryfkuns. Die 2015 Skrywersfees bied iets vir elkeen wat in Afrikaans en Afrikaanse literatuur belangstel. iono.fm het weereens opnames gemaak van die literêre items in die Boektent, Erfurthuis en vanjaar ook Die Khaya, en sal dit stelselmatig oor die volgende paar dae beskikbaar maak.

Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
14
MAR
2015

Afrikamasutra

Aangebied deur Unisa Press Gerard Scholtz praat met Ilse Carla Groenewald oor haar werk aan Afrikamasutra, die eerste Afrikaanse vertaling van die Kama Sutra deur Vatsyayana. In dié besonderse boek word daar humoristies maar deernis vol gekyk na liefde, respek, spiritualiteit, seksualiteit, intimiteit en ander sosiale kwessies. Die boek is ryklik versier met illustrasies deur drie bekende Suid- Afrikaanse kunstenaars: Diek Grobler, Hardus Koekemoer en Marna Schoeman.
14
MAR
2015

Chris Chameleon: Dit was nie ek nie!

Aangebied deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers Dit was nie ek nie! is sanger, akteur en TV-persoonlikheid Chris Chameleon se eerste prente- boek. “Tjakka tjakka tjakka,” lag die apies in die boom wanneer Gaffie Kameelperd, Ronnie Renoster en Annabella Volstruis verleë sê: “Dit was nie ek nie!” Met illustrasies deur Salemien Grobbelaar. Chris Chameleon lees voor uit sy boek, geskik vir drie- tot ses-jariges.
14
MAR
2015

Digtersparadys

Aangebied deur NB-Uitgewers Die Woordfees se skrywersprogram sluit af op ’n hoogtepunt. Kom luister na voorlesings deur geliefde digters uit hulle nuwe bundels: Antjie Krog (Mede-wete), Daniel Hugo (Takelwerk), Joan Hambidge (Matriks) en Danie Marais (Solank verlange die sweep swaai). Moenie hierdie aanbieding misloop nie!
14
MAR
2015

Deon Lamprecht: Tannie Pompie se oorlog

Aangebied deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers Deon Lamprecht skop sy debuut af in die kombuis van tannie Pompie, wat gedurende die Grensoorlog in Tsumeb ’n radioseiner vir die weermag was. Die aangrypende ware verhaal fokus op die boeregemeenskap van die sogenaamde Driehoek van die Dood en die impak wat die oorlog op hulle gehad het. Francois Smith gesels met die skrywer.
14
MAR
2015

Kosmakietie met Errieda du Toit en die kokkedore Tiaan Langenegger, Mynhardt Jou

Aangebied deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers Wat gebeur agter die skerms by Kokkedoor? Wat vang die kokkedore aan wanneer die TVreeks verby is? Hetta van Deventer gesels met Errieda du Toit en kokkedore Tiaan en Mynhardt om antwoorde op hierdie vrae te kry. Hulle praat ook oor kookboeke, deel watertandresepte uit Kokkedoor 2 met ons en verklap geheime oor hoe om die perfekte makietie te beplan. En, o ja, Tannie Poppie – ons eie Chuck Norris van die Suid-Afrikaanse kookkuns – neem ook deel.
14
MAR
2015

Bloody Lies: Die Inge Lotz-dossier heropen

Twee amateur-ondersoekers, Calvin en Thomas Mollett, heropen die Inge Lotz-moorddos- sier in Bloody Lies. Deon Knobel stel vrae aan Thomas oor hul evaluering van bewysstukke in dié opspraakwekkende moordsaak wat fassinerende en onthutsende inligting na vore ge- bring het. Het die staat en die regstelsel Inge gefaal?
14
MAR
2015

SJ Naudé: The Alphabet of Birds

Presented by Penguin Random House Lou-Marie Kruger speaks to SJ Naudé about the translation into English of his acclaimed short story collection Alfabet van die voëls. The Alphabet of Birds is filled with music, art, architecture, myth, the search for origins and shifting relationships between people. It will also be published in the United Kingdom and America in 2015.
14
MAR
2015

Sondebok en Kopskoot, joernaliste aan die werk

Aangebied deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers Irma Venter (Sondebok) en Rudie van Rensburg (Kopskoot) se boeke weerspieël hul joer- nalistieke agtergrond.Hulle het ’n neus vir ’n storie, gee aandag aan detail en laat die ver- hale dikwels buite Suid-Afrika se grense afspeel. Madri Victor gesels met hulle oor krimi- reekse, navorsing vir die storie, eksotiese ruimtes, en interessante hoofkarakters wat jou die ritteltits gee van lekkerte.
14
MAR
2015

O, die liefde!

Aangebied deur Lapa Marida Fitzpatrick hoor by die skrywers Kristel Loots (Die ander vrou), Bernette Bergentuin (Stilleto’s van staal) en Sophia Kapp (Driehoek) hoekom dit so lekker én moeilik is om lesers gelukkig te hou. Hulle gesels ook oor sterk vroue, moeilike liefdesdriehoeke en die donker kant van ’n liefdesverhaal – plus wenke oor hoe om die regte man te vang. Berei jou voor vir ’n groot gelag (en dalk ’n traantjie of twee).
14
MAR
2015

FJ Labuschagne: Beseringstyd

Aangebied deur Naledi Dié debuutroman speel af onderskeidelik op Stellenbosch en in Pretoria, tydens die Varsity Cup-rugbykompetisie en is ’n eerlike blik op die binnekringe van universiteitsrugby en die siel van ’n studenterugbyspeler. Vriendskap, uitdagings, rugby, God, verhoudings en die soeke na antwoorde word saamgesnoer in die spel op die rugbyveld. FJ Labuschagne tree in gesprek met Izak de Vries.
14
MAR
2015

Edwin Cameron: Justice – A Personal Account

Aangebied deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers In Justice argumenteer Edwin Cameron dat ons land se Grondwet Suid-Afrikaners die beste kans bied vir ’n regverdige gemeenskap. Pierre de Vos gesels met Cameron oor sy persoon- like ervarings van andersheid en stigma en oor die krag en beperkinge van die reg.
13
MAR
2015

Profiel: Maretha Maartens, 70

Maretha Maartens het al meer as 90 boeke geskryf – romans, liefdesverhale, kinderboeke, jeugboeke, tienerboeke, godsdienstige boeke en geestelike dagboeke. Sy is al vier keer met die Sanlamprys vir jeuglektuur bekroon, ontvang in 1989 die Andrew Murray-toekenning, en haar jeugroman, Die inkvoël, is internasionaal vereer as ’n White Raven Book (gekies as een van 400 boeke uit sowat 30 000 kinder- en jeugboeke wêreldwyd). Haar dogter, Naomi Meyer, en uitgewer Sua du Plessis, gesels met Maretha oor haar omvattende oeuvre en interessante lewe.

53 episodes

« Back 1—12 More »