Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
21
JAN

Monitor

Hulle het nie boulers met 'n angel nie, het Pieter van den Berg gister gesê oor die Proteas se treurmare teen die Engelse. Dit is ook die kritiek van menige ander ontleder. Maar dit was nie altyd so nie. Daar was 'n tyd toe Suid-Afrikaanse boulers 'n vreesaanjaende gesig vir die wêreld se beste kolwers was. En in die ateljee is die legendariese Ali Bacher, as krieketspeler en as krieketbaas. Hy en David Williams het die boek geskryf, South Africa's greatest bowlers, past and present.
16
JAN

Monitor

'n Foto van 'n man en sy skaap, wat doodluiters sit en kyk na die see, het Facebook gebruikers onlangs behoorlik aan die gons gehad. Soveel so, dat dit een van die dagblaaie in die Wes-Kaap se voorblad gehaal het. Ons het vanoggend gevra of enige van ons luisteraars weet wie dit is - en so kom Marlinee Fouche toe af op Binki Lees (engelse uitspraak), uit Pringlebaai. Montana is heel laas nie die skaap op Die Burger se voorblad nie - maar dit wys dalk net dat die idee van wat 'n troeteldier is, begin verander.
15
JAN

Monitor

Wysigings aan die Belasting Wet wat van toepassing is op mense wat in die buiteland werk, sal op 1 Maart vanjaar in werking tree. 'n Belastingkenner van Mazars, Elzahn Henn verduidelik hoe die wysigings gaan werk.
15
JAN

Monitor

Duisende mense verdwyn jaarliks net spoorloos. Onlangse navorsing toon dat gedwonge arbeid in Suid-Afrika hoër is as seksuele uitbuiting. 'n Verslag oor die skaal van mensehandel getiteld, #stillnotfound: All the missing children of South Africa, word ook binnekort bekendgemaak. Ons praat vanoggend oor die kwessie met Dr Marcel van der Watt, 'n kenner in mensehandel van die Departement Polisiepraktyk by UNISA, en Annelize Theunissen, Die Freedomclimb Koordineerder OM Africa oor die kwessie..
15
JAN

Monitor

In wat 'n kenner 'n "oornag-revolusie" noem, het 'n Islamitiese terreurgroep met noue bande met Al-Kaida, hulleself gevestig in die noorde van Mosambiek. Die gevolg hiervan is die ontvolking van sekere gebiede van Mosambiek, en honderde wat in vrees lewe. Die kans dat Mosambiek ook vir die derde keer in 'n halfeeu in 'n burgeroorlog gedompel kan word, word al hoe groter. 'n Terreurkenner, van die organisasie Islamic Theology on Counter Terrorism, Jasmin Opperman, sê mense word wreed vermoor, sonder dat die wêreld enigesins opgelet het na gebeure in Mosambiek ..
14
JAN

Monitor

Microsoft het aangekondig dat hulle nie meer die Windows Sewe werksisteem ondersteun nie. Die diens is gister opgeskort. Verskeie kuber sekuriteit-spesialiste het mense aangemoedig om maar eerder hulle sisteme so gou moontlik op te gradeer. Maar wat is die implikasies vir die gebruiker? Ons praat nou met Professor Basie von Solms, direkteur van die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir KUBERSEKERHEID.
12
JAN

Monitor

'n Legende Museum vir kunstenaars open binnekort sy deure in Pretoria. Die idee kom van Shaun Mynhardt, nadat hy ná sy oom se dood 'n tas met toekennings gekry het. Sy Oom was die veteraan akteur Siegfried Mynhard, en die gedagte was om 'n plek te kry waar akteurs, skrywers, musikante en joernaliste wat vir veertig jaar 'n rol in die velde gespeel het, te vereer. Maar daar was egter ook bekendes wat genader is, wat nie in die museum vereer wou word nie. Volgens Shaun Mynhardt open die museum aan die einde van Januarie, en sal besoekers vrywillige donasies gevra word.

OUTRO: Die verslag is beeindig met CR de Swardt se weergawe van Al l^e Die Berg Nog so Blou op sy "Die Loslit Album".

Metzi van dre Merwe mon 13 1 2019
12
JAN

Monitor

'n Legende Museum vir kunstenaars open binnekort sy deure in Pretoria. Die idee kom van Shaun Mynhardt, nadat hy ná sy oom se dood 'n tas met toekennings gekry het. Sy oom was die veteraan akteur Siegfried Mynhard, en die gedagte was om 'n plek te kry waar akteurs, skrywers, musikante en joernaliste wat vir veertig jaar 'n rol in die velde gespeel het, te vereer. Maar daar was egter ook bekendes wat genader is, wat nie in die museum vereer wou word nie. Volgens Shaun Mynhardt open die museum aan die einde van Januarie, en sal besoekers vrywillige donasies gevra word.
08
JAN

Monitor

Deel 2: Angeline Mulder is 'n oud Suid-Afrikaner, en sy en haar gesin moes voor die brande vlug, voordat die plaas waarop hulle woon en werk, verswelg is. Angeline het vanuit Australië met Monitor oor die vreesaanjaende ervaring gepraat. .. Die treurspel is egter nie oor nie, en hier is die res van haar storie.
07
JAN

Monitor

Die Wet op Vlugtelinge van 2008 het op 1 Januarie in werking getree. Dit stel strenger vereistes aan vlugtelinge wat asiel in Suid-Afrika soek. Dit sluit in 'n verbod op deelname aan politieke aktiwiteite, beperkings op die werk wat hulle hier mag doen, en dat hulle hulle status as vlugtelinge kan verloor indien hulle selfs net 'n ambassade van hulle land van oorsprong sou besoek. 'n Strafregkenner by die Universiteit van Pretoria, Llewellyn Curlewis, twyfel egter of die wysigings aan die Wet op Vlugtelinge wat van 1 Januarie geldig is, werklik 'n verskil gaan maak. Metzi van der Merwe het met hom gepraat.
07
JAN

Monitor

Die brande in Australie woed steeds onverpoos voort. Die veldbrande brand tans oor 'n gebied van 300 000 hektaar en droe en warm weerstoestande maak die bestryding daarvan byna onmoontlik. Angeline Mulder is 'n oud Suid-Afrikaner en sy en haar gesin moes voor die brande uitvlug voor dit die plaas waarop hulle woon en werk verswelg het. Angeline het vanuit Australie met Monitor oor die vreesaanjaende ervaring gepraat.
07
JAN

Monitor

Matrieks kry vandag hulle uitslae by die skole waar hulle geskryf het. Die Onafhanklike Eksamenraad het intussen gister reeds die matriekuitslae van privaatskole bekendgemaak. Die 2019-slaagsyfer is 98,82%, en het effens gedaal. Amper 12-duisend voltydse en 779 deeltydse kandidate het die eksamen geskryf, en al die kandidate se slaagsyfers voldoen aan die vereistes om verder te kan studeer. Dr. Francois Naude, 'n benoemde onderwyser en navorsingsvennoot aan die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir Onderwyspraktyknavorsing deel sy gedagtes oor die uitslae.

20 episodes

« Back 1—12 More »