Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
28
SEP

RSG Landbou 29 September 2020

Daar is geen duidelike riglyne oor rywydte en plantpopulasies by sojaboonaanplantings nie. Dr. Jan Dreyer van die Proteïennavorsingstigting gesels hieroor. Nico Groenewald van Standard Bank het raad aan diegene wat nuwe boerderybesighede oorweeg. Hy verduidelik onder andere die verskil tussen kontantvloei en wins. En ons hoor meer van Abalimi Bezekhaya wat onlangs die Eco-Logic gemeenskaptoekenning ontvang het.
27
SEP

RSG Landbou 28 September 2020

Wat is Suid-Afrika se grootste agri-toerismeprodukte? Christelle van Zyl wat haar doktergraad in toerismebestuur doen, praat oor hierdie vorm van toerisme wat al hoe gewilder word. Wêreldhondsdolheiddag is op 28 September, en dr. Mpho Maja van die Departement Landbou, Grondhervorming en Landelike Veiligheid vertel waarom dit nodig is om hierop te fokus. En ons gesels met prof. Erik Holm oor ekoboerdery.
26
SEP

RSG Landbou 26 September 2020

Ontmoet 'n boer wat vrou-alleen die lewe dapper aanpak. Op Lorraine de Bruin se plaas Leeupan naby Van Zylsrus word daar met skape en beeste geboer. Sy vertel hoe sy in tye van droogte planne gemaak het om ekstra inkomste te verdien, en hoe sy moedig die pad bly stap het op haar plaas nadat sy haar man skielik aan die dood moes afstaan. Sy beskryf haar toekoms as blink en vol belofte, en deel van die onverwagse dinge waarmee sy in die lewe begunstig is. Haar Noord-Kaap boerdery gedy, en haar storie is inspirerend.
24
SEP

RSG Landbou 25 September 2020

Patensie-boer Jackye Riddle verduidelik die vele gebruike van die draakvrug, asook ander interessante feite oor die kaktus-rankplant met Meksikaanse oorsprong, wat hom nou tuis kom vind in Suid-Afrika. Agri SA het met 'n voedselinisiatief van R1-miljard begin om behoeftige Suid-Afrikaners te voed. Die grootste landbou-organisasie in die land het die regering, boere, die private sektor en individue genooi om met hom hande te vat om kos by honger mense te kry. Ander landbou-organisasies in die land het ook al projekte begin om die voedselnood te verlig.
23
SEP

RSG Landbou 24 September 2020

Die sagtevrugtebedryf het onlangs sy 45ste jaarlikse toekenningsgeleentheid gehou. Phyllis Burger en Andries Daniels van die LNR Infruitec-Nietvoorbij het die toekenning vir navorsing en tegnologie ontvang. Hulle vertel waaroor die toekenning gaan. In ons reeks oor varkproduksie en voeding, verduidelik Sune Pretorius van DSM hoe mikotoksienvlakke in varkvoeding bestuur kan word. Johan van den Berg het nuus oor die weer, en Chris Derksen is op sy pos met vleispryse.
22
SEP

RSG Landbou 23 September 2020

Om as afslaer vir 'n gesogte geleentheid soos die Merino SA nasionale veiling op te tree, is noemenswaardig. Danie Strauss van BKB vertel van hierdie ervaring, en ook die pryse en gehalte van die diere wat te koop was. Agri SA het 'n nuwe kommersiële maatskappy bekendgestel. En daar is drie nuwelinge onder vanjaar se Standard Bank Chenin Blanc top tien wyne. Die hoofbeoordelaar, James Pietersen, gesels oor vanjaar se wenners.
21
SEP

RSG Landbou 22 September 2020

Mieke Botha van die Weltevreden River Ranch in die Alldays-omgewing vertel van hulle suksesvolle Brahman-boerdery. Ons hoor hoe die GIS, of geografiese inligtingstelsel, vir landbou gebruik word. En Leon du Plessis van L&L Landboudienste verduidelik hoe die nuwe vrywillige wintergraanheffing werk.
20
SEP

RSG Landbou 21 September 2020

Dis bedrywig op die veilingsfront met 'n Boran-, veldram- en Bonsmara-veiling wat eersdaags plaasvind. Anri Strauss van Chemunique het raad vir vrotpootjie. Ons gesels met Lourens Leewner van die Bedreigde Wildlewetrust oor hulp wat hulle ontvang om kraglyne meer voël-vriendelik te maak.
19
SEP

RSG Landbou 19 September 2020

Televisie-weervoorspeller en meteoroloog, Annette Botha, het handige wenke. Wat weertoepassings betref, deel sy haar beste-van lysie en sê ook wat sy al persoonlik by Suid-Afrikaanse boere oor die wisselende weerpatrone geleer het. Die saamstel van betroubare reënvoorspellings het 'n interessante verloop. Annette verduidelik hoe die gebruik van tegnologie ingespan word om ons land se weer in 'n verslag saam te stel.
17
SEP

RSG Landbou 18 September 2020

Dr. Francois Lategan praat oor omgewingsvriendelike boerderypraktyke met behulp van natuurlike bestuursprosesse. Ons hoor wat C4L-tegnologie is, en watter bydrae die Suid-Afrikaanse Bosboubedryf gemaak het in die tyd van Covid-19.
16
SEP

RSG Landbou 17 September 2020

Mashilo Phosa van Chemunique praat oor die rol wat minerale speel by die voeding van 'n varksog. Die Agribesigheidsvertrouensindeks het tot 51 punte herstel, en Wandile Sihlobo van Agbiz verduidelik wat hiertoe bygedra het. Dries Visser van Pure-Bred Game vertel van hulle swartwitpense wat van Zambië af ingevoer is.
15
SEP

RSG Landbou 16 September 2020

Die Forum vir Aartappel- en Groenteverwerkers het die regering gevra om die invoer van bevrore aartappelskyfies tydelik te verbied. Dr. Andre Jooste van Aartappels SA verduidelik die redes hiervoor. Bona Bona Game Breeders het tydens die inperking sy fasiliteite verbeter. Daar word vanjaar 'n kleiner makadamianeut-oes verwag. Lizel Pretorius van Makadamias Suid-Afrika verduidelik waarom dit so is.

1775 episodes

« Back 25—36 More »