Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
11
JUN

RSG Landbou

Die Hoërskool Bekker se Veeplaas-kuddeprojek word onderneem in samewerking met die PLAAS Landboujeugstigting en die Afrikanerbeestelersgenootskap. Die president van die genootskap, dr Pieter de Kock, verduidelik waarom hulle by die projek betrokke geraak het en Jannie Badenhorst van die hoërskool vertel hoe die leerders met die diere te werk gaan. Daar is ook 'n gesprek met Simeon Hurwitz oor die Boran-beesras, die ras se herkoms en die voordele wat dit vir die rooivleisbedryf bied.
10
JUN

RSG Landbou

Lise Roberts praat met 'n boer, Fanie Els, wat van sy Braunvieh-beeste geskenk het vir die PLAAS Landboujeugstigting se Veeplaas-kuddeprojek by Unicom Landbouskool. Daar is ook 'n breedvoerige gesprek met MC Loock van Standard Bank oor risiko in die landbou. Daar is ook meer inligting oor die tegnologie wat in die kuilvoerbedryf gebruik word om kuilvoerhope mee te bedek en teen suurstof te beskerm. Heinrich Meyer praat oor vordering op die gebied.
09
JUN

RSG Landbou

Die jaarlikse Royal-skou het onlangs in Pietermaritzburg plaasgevind. Izak Hofmeyr praat met twee mense wat by die skou betrokke was, Mike Moncur en Angus Williamson. Daar is ook 'n gesprek oor versekering en meer spesifiek veeversekering, waarna Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie praat oor alkoholgebruik in die werksplek. Lise Roberts praat ook met Francois Hattingh oor die Unicom Landbouskool se Braunvieh-kudde.
07
JUN

RSG Landbou

Landbouweekblad vier vanjaar sy honderdste bestaansjaar. Eloise Pretorius het met die redakteur, Chris Burgess, gesels oor die ontstaan van hierdie bekende tydskrif. Sy het hom ook uitgevra oor die positiewe bydrae wat die media in die land kan maak.
06
JUN

RSG Landbou

Wat is die verband tussen stikstof en grond? Hoe belangrik is stikstof? Dr. Pieter Swanepoel is 'n senior dosent aan die Universiteit Stellenbosch en 'n kenner op die gebied van verbeterde grondkwaliteit. Hy praat oor biomassa en suksesvolle bestuursparktyke.
05
JUN

RSG Landbou

Spilpunttegnologie en genetika word onder meer bespreek en Agri S.A se Christo van der Rheede gee terugvoer oor droogtehulp.
04
JUN

RSG Landbou

Prof. Michiel Scholtz van die Landbounavorsingsraad praat oor natkarkassindroom by skape, en die navorsing wat tot dusver hieroor gedoen is. Corne Louw van Graan SA praat oor die monitering van saadpryse wat deur die organisasie onderneem word, en Louis de Jager deel weidingswenke vir opkomende boere. Daar is ook 'n gesprek met Henri Swiegers van die wynplaas, Badsberg, wie se 2017 Rooi Muskadel met die louere weggestap het tydens die 17de Muskadel SA-toekenningsgeleentheid.
03
JUN

RSG Landbou

Wêreldmelkdag is onlangs gevier. Lise Roberts praat met Barbara Bieldt van die Melkprodusente-organisasie oor die betekenis van die dag en hoe dit in Suid-Afrika gevier is. Daar is ook meer inligting oor die Raad vir Landbouprodukte-agente. Francois Knowles vertel hoe hierdie agente hulle werk doen. Ons Noord-Kaapse verteenwoordiger, Koos du Pisanie, gesels oor goeie plaasbestuur met die landbou-ekonoom, Louis de Jager.
02
JUN

RSG Landbou

Agritoerisme is 'n belangrike aktiwiteit in Suid-Afrika se veelsydige en ryk toerismesektor. Hoor wat die sektor aanbied. Koos du Pisanie, ons verteenwoordiger in die Noord-Kaap, gesels met Louis de Jager. Louis was jare by lank betrokke by voorligting in die landbou, en leer opkomende boere steeds hoe om te boer. Lise Roberts praat ook met Agri Wes-Kaap se jongboerfinalis, Johan van der Schyff. En soos gewoonlik op 'n Maandag, is daar veilingsnuus.
31
MAY

RSG Landbou

Junie is Jeugmaand. Eloise Pretorius praat met die Direkteur Operasionele Ondersteuningsdienste by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, Rashieda Wentzel, oor opwindende loopbane in die landbou. John Constable bestuur die jeugontwikkelingsprogramme by die departement, Hy vertel meer van die ondersteuning wat die regering bied.
30
MAY

RSG Landbou

Eloise Pretorius praat met 'n jong innoveerder oor ontwikkelende tegnologie en hoe dit ingespan word binne en buite die landbousektor. Ons vind uit hoe hommeltuie en sensors inligting bymekaar maak, en wat die Vierdie Nywerheidsrewolusie is. Arie van Ravenswaay is assistentdirekteur Innovasie, Tegnologie Ontwerp en Oordrag by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Skakel in vir 'n kykie in die wêreld van hierdie passievolle uitvinder.
29
MAY

RSG Landbou

Parasiete is 'n algemene verskynsel by vee, en kan tot derduisende rande se verliese en skade lei. Lise Roberts praat met dr. Johan Cloete van MSD Animal Health oor rondewurms en lewerslak, en maatreëls om hierdie parasiete te beheer. 'n Paar innoverende boere, Piet Badenhorst en Ronald Goldberg, gesels oor hulle interessante patente – 'n damskoonmaker en 'n skaapnekklamp. Albert Loubser praat oor die jongste reëlings van Alfa 2019, en Chris Dercksen gesels oor die jongste vleispryse.

1375 episodes

« Back 13—24 More »