Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
19
MAR

RSG Landbou

Sommige skaapboere skram weg van kruipvoeding. Volgens Rache Stofberg, 'n voedingkundige by Wesfed Voere in Moorreesburg, hou dit egter heelwat finansiële voordele in. 'n Staatsveearts, dr Alicia Cloete, vertel hoe 'n boer aan die soönotiese siekte, brusellose, oorlede is en hoe dit voorkom kan word. Christopher Sparks, 'n veeboer van die Swinburne-omgewing, gesels oor sy boerderypraktyke nadat hy as Suid-Afrikaanse stoetteler en nasionale vleisbeesteler aangewys is. En Francois la Grange van Hinterland praat oor die omvang van pluimveeboerdery in Suid-Afrika.
18
MAR

RSG Landbou

Om R530 per kilogram vir sybokhaar te kry, wil gedoen wees! Lise Roberts gesels met Willem Wagener van die Willowmore-omgewing oor sy sybokke, en die rekordprys wat hy onlangs behaal het. Daar is ook inligting oor die rol wat data-insameling in die landbou-omgewing speel. Hennie Maas praat met Marion Delport van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid, oor die rol van sogenaamde groot data. Daar is ook 'n gesprek met dr. Carel Muller van die Universiteit van Stellenbosch oor hoogsproduserende koeie in 'n melkkudde. En dan is Yolande Roodt oudergewoonte op haar pos met die jongste wolpryse.
17
MAR

RSG Landbou

Hennie Maas praat met Emmanuel Nel van die Kwandwe-wildsplaas in die Oos-Kaap. Hy vertel meer oor die plaas en hulle wildveiling wat die einde van die maand plaasvind. Daar is ook 'n gesprek met Jahni de Villiers van Agri SA oor landbou se reaksie op die inwerkingtreding van die minimumloon. En Lise Roberts gesels met Ken Coetzee oor uitheemse kaktusse wat weidings en veld in Suid-Afrika negatief beïnvloed.
15
MAR

RSG Landbou

Bekroonde entrepreneur Jeanne Groenewald verduidelik wat dit verg om bo uit te kom, en deel haar wenresep.
14
MAR

RSG Landbou

Cathy Pineo van GreenCape vertel van die waardevolle bydrae wat hulle tot die landbousektor maak, en hoe boere nou meer innoverend as ooit is.
13
MAR

RSG Landbou

Water is lewensbelangrik vir enige plaas, en die droogte van die afgelope paar jaar het ons weer intens bewus gemaak hiervan. Geoloog Jordaan Fouche praat oor grondwater en wat ons alles daaroor moet weet. Daar is ook 'n gesprek met Alex Wehmeyer, die hoof van die Morgenzon Landbou-akademie, wat verlede jaar by Alfa as FNB Landbouskool van die Jaar gekroon is. En ons verteenwoordiger in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, het in Kakamas se wêreld met 'n plaaskoorleier gesels oor hulle musiekkuns.
12
MAR

RSG Landbou

OVK vier vanjaar sy honderdste bestaansjaar. Die landboumaatskappy se besturende direkteur, Stefan Oberholzer, vertel hoe OVK ontstaan het. Oormatig bespierde beeste in 'n kudde het voor- en nadele. Dr. Helena Theron van SA Stamboek gesels oor die interessante onderwerp. Een van die hoogtepunte op die Suid-Afrikaanse landboukalender, is die jaarlikse Bloemskou. Elmarie Prinsloo vertel waarna besoekers vanjaar kan uitsien.
11
MAR

RSG Landbou

Hoe maak 'n boer as hy in 2011 laas noemenswaardige reën gehad het? RSG Landbou se verteenwoordiger in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, het in die Kenhardt-distrik met Andre Nel en sy vrou Marinda gesels oor uithou-boer in die Boesmanland. Dr. Althea Grundlingh van die Landbounavorsingsraad praat oor die belangrikheid van vleilande, en wat Suid-Afrika se vleilandstatus tans is. Lise Roberts praat ook met Johan Ehlers van Agri-Expo oor vanjaar se SA Kaasfees wat by Sandringham naby Stellenbosch plaasvind, en Yolande Roodt staan gereed met die wolmarkverslag.
10
MAR

RSG Landbou

Ons verteenwoordiger in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, praat met Dawie Klopper van PSG oor die toekoms van landbou, wat volgens Dawie positief is. Lise Roberts gesels met Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie oor hoe wangedrag in die werksplek hanteer moet word. En daar is 'n bydrae deur Petrus van Heerden van Beeswinkel oor die tegnologie wat ingespan word om die waardeketting van beesvleisproduksie korter en meer doeltreffend te maak.
08
MAR

RSG Landbou

Bekende vroue-entrepreneur Jeanne Groenewald deel haar suksesverhaal. Sy vertel hoe sy ontwikkel het van boervrou tot sakevrou, en gee raad aan jong entrepreneurs.
07
MAR

RSG Landbou

Het jy geweet daar word elke dag meer as een miljoen bottels Suid-Afrikaanse wyn wêreldwyd verkoop? Eloise Pretorius praat hieroor met die besturende direkteur van Vinpro, Rico Basson.
06
MAR

RSG Landbou

Die Melkprodusente-organisasie se Grootkudde-konferensie is 'n hoogtepunt op melkboere se kalender. Hennie Maas gesels met Philip Swart van die organisasie oor die geleentheid wat vanjaar in Port Elizabeth plaasvind. Daar is ook 'n gesprek met Thea van Zyl oor die Agri's Got Talent-kompetisie wat jaarliks onder plaaswerkers plaasvind en al eho groter belangstelling lok. En Dirk Coetzee van AGT Foods Africa praat oor die dormansie-klassifikasie van lusernkultivars.

1290 episodes

« Back 1—12 More »