

28
FEB
RSG Landbou 1 Maart 2021
Koos du Pisanie is op Prieska om meer uit te vind van die Meatmaster-skaapras. TLU SA het verlede week ‘n veldtog bekendgestel om die belastingwet ten opsigte van veiligheidsuitgawes te verander – ons hoor wat dit behels. Jannie Strydom van Agri Wes-Kaap brei uit oor hulle hulp aan kerkleiers in die Laingsburg-omgewing.
27
FEB
RSG Landbou 27 Februarie 2021
Adri Kitshoff-Botha het in 2020 as bestuurshoof van Wildbedryf SA uitgetree. Sy veruidelik dat die jag- en wildbedryf meer as net ‘n ekonomiese bydrae lewer. Dit het te doen met die rol wat die besdryf in enkelouergesinne speel.
25
FEB
RSG Landbou 26 Februarie 2021
‘n Nuwe soort vertroue in die Suid-Afrikaanse wynbedryf sorg vir ‘n goeie nuus. Die Wyntoerismebestuurder by Vinpro, Marisah Nieuwoudt, bespreek digitale verkope en innoverende oplossings. Prof. Marthie van der Walt van die tuberkuloseplatform van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad sluit ook by ons aan.
24
FEB
RSG Landbou 25 Februarie 2021
Jannie de Villiers vertel waarop daar vanjaar gefokus word by Graan SA se jaarlikse kongres. Richardt Venter van Agsci Unlimited praat oor die invloed van goeie kuilvoer op ‘n produsent se produksie en winsgewendheid. Daar is nuus oor vleispryse en die weervooruitsigte.
23
FEB
RSG Landbou 24 Februarie 2021
Veeprodusente is bekommerd oor veesiektes wat kan uitbreek as gevolg van die reën. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk het raad hieroor. Daar is nuus oor ‘n Bonsmara-uitverkoping in die Davel-omgewing. Ons praat met Ben Schoonwinkel van Syngenta oor volhoubaarheid en voedselsekerheid.
22
FEB
RSG Landbou 23 Februarie 2021
Die landbousektor het ‘n uitsonderlike jaar agter die rug, maar die afgelope tyd hoor ons van verskeie faktore wat dié sektor negatief kan beïnvloed. Dawie Maree van FNB praat hieroor. Ons ontmoet vir Cobus van Coller. Hy sluit op 1 Mei as skoolhoof by Augsburg Landbougimnasium aan. Heinrich Victor is ook op sy pos met die nuutste wolpryse.
21
FEB
RSG Landbou 22 Februarie 2021
Hoe kies ‘n produsent die regte mieliekultivar vir goeie kuilvoer? Richardt Venter van Agsci Unlimited het die antwoord. Bertus van Heerden van die Melkprodusente-organisasie verduidelik waarom die produsenteprys so omstrede is. Dr. Gerhard Verdoorn van die Predasiebestuursforum gesels oor brandsiekte wat onder rooijakkalse voorkom.
20
FEB
RSG Landbou 20 Februarie 2021
Adri Kitshoff-Botha is een van die mees formidabele vroue in die wildbedryf. Haar betrokkenheid in die jag-en-wildbedryf was ’n leerkurwe soos min. Sy het in 2020, ná 19 jaar, uitgetree met ’n string eerbewyse en internasionale erkenning. Sy het begin as ’n halfdagboekhouer wat die KwaZulu-Natalse Jagters- en Wildbewaringsvereniging se geldsake moes behartig en help met bemarking. Van wild en jag het sy omtrent niks geweet nie. Luister na haar storie.
18
FEB
RSG Landbou 19 Februarie 2021
Elton Jephtas is die waarnemede hoof van AFASA in die Wes-Kaap. Hy verduidelik watter tegnologiese innovasies hom interesseer, en watter voordele dit vir landbouers inhou. Die Minister van Landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, deel sy gedagtes oor die ontwikkeling van tegnologie in landbou. Wetenskaplikes Nita Breytenbach en Helga Dagutat werp meer lig op die formulering van eetbare sampioene in ’n landbouproduk vir biologiese oesbeskerming.
17
FEB
RSG Landbou 18 Februarie 2021
Christo van der Rheede van Agri SA, Theo Boshoff van Agbiz en Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie gee perspektief die minimumloon. Chris Derksen praat oor vleispryse en Johan van den Berg vertel wat met die weer gaan gebeur. Wessel Lemmer van Agbiz Grain is aan die woord oor ‘n nuwe inspeksiediens wat op 1 April by silo’s begin.
16
FEB
RSG Landbou 17 Februarie 2021
Simpson & Son Farming is die wenners van die 2020 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie. Ons gesels met Shane Simpson oor dié prestasie. Dr. Ronel Roberts van die Landbounavorsingsraad waarsku sitrusprodusente om op die uitkyk te wees vir ‘n siekte wat verwoesting kan saai. Dewald Barnard van Rovic Leers gee raad oor hooimaaltoerusting. Sprinkane teister boere in die Noord-Kaap – ons hoor wat Kiewiet Viljoen hieroor te sê het.
15
FEB
RSG Landbou 16 Februarie 2021
Leon de Beer van die NWKV praat oor hulle skeeropleidingsprogram. Marius Kleyn van die Gamtoosvallei vertel hoe die beheer van fynbos kan bydra tot beter waterbestuur. Joe Scholtz gee terugvoer oor landelike misdaad en veediefstal in die Noord-Kaap. Heinrich Victor is op sy pos met die wolmarkverslag.