

21
FEB
Taaldinge 21 Februarie 2021
Op Intenasionale Moedertaaldag, 21 Februarie gesels Magdaleen en haar gaste oor die gebruik van moedertaal in die alledaagse sosiale lewe en in die groowordlewe van ‘n kind.
14
FEB
Taaldinge 14 Februarie 2021
‘n Toenemende belangstelling in Afrikaans by universiteite in die buiteland is een van die redes waarom ‘n handboek oor Afrikaans, maar in Engels, nou saamgestel word. Die drie redakteurs, proff. Wannie Carstens, Nerina Bosman en Theresa Biberauer het met Ina Strydom oor die projek gepraat.
07
FEB
Taaldinge 7 Februarie 2021
Wat is die verskil tussen ‘n nasie en ‘n volk? Waar kom die ‘ent’ in entstof vandaan? Wat is die verskil tussen integraal en integrerend?
31
JAN
Taaldinge 31 Januarie 2021
Om te vertaal of nie te vertaal nie – dit is die vraag wat Ina Strydom met Sophia Kapp bespreek. Sophia is die taaladviseur van VivA en lid van die Taalkommissie.
24
JAN
Taaldinge 24 Januarie 2021
Hulde word gebring aan RSG-omroeper, dramaregisseur en woordkunstenaar Margot Luyt, wat onlangs oorlede is. Dit word gedoen deur ‘n kortverhaal van Cecile Cilliers wat Margot in 2018 in die program, Kortom, voorgelees het.
17
JAN
Taaldinge 17 Januarie 2021
Wat is ‘n tesourus, waarvoor word dit gebruik en deur wie? Ina Strydom praat met die mederedakteur van die hersiene Tesourus van Afrikaans, Leon de Stadler, oor die hersiening van die woordeboek, en veranderings wat aangebring is.
10
JAN
Taaldinge 10 Januarie 2021
In Taalnavrae word gepraat oor spandabel, porseleinaarde, veselperske, en wat die korrekte Afrikaans vir ‘branding’ sou wees.
03
JAN
Taaldinge 3 Januarie 2020
In dié eerste program van die nuwe jaar praat Ina Strydom met Jana Luther oor die maan, maande en kalenders of almanakke.
27
DEC
2020
Taaldinge 27 Desember 2020
Luister na ‘n herhaling van ‘n gesprek wat in driesestig uitgesaai is oor ‘n toepassing waarmee kinders in al die landstale kan leer lees; en ‘n uittreksel uit die program oor taalverskynsels in die poësie van die NP van Wyk Louw.
20
DEC
2020
Taaldinge 20 Desember 2020
Daar word gepraat oor sibbe, jou moses teekom, die verskil tussen eers en eens, en die herkoms van die kluts kwyt wees.
13
DEC
2020
Taaldinge 13 Desember 2020
Hoe word pejoratiewe in die AWS hanteer? Ina Strydom praat met Duncan Ruiters wat pas sy M.A. in Afrikaanse Taalkunde aan die Universiteit van Johannesburg oor dié onderwerp behaal het.
06
DEC
2020
Taaldinge 6 Desember 2020
Taalnavrae gaan oor onder meer bog, vroetel, toekomskundige en drop.