Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
05
MAR

Groeipyne

Johan van Lill praat met Leanda Otto, 'n opvoedkundige sielkundige, oor hoe die saamlees van boeke en storievertel jou band met jou kind kan versterk. Hulle gee wenke oor hoe om hierdie tye nog lekkerder te maak.
27
FEB

Groeipyne

Johan van Lill praat oor die uitdagings van immigrasie met Talitha Veldsman, 'n opvoedkundige sielkundige, en twee ma's wie se gesinne na Australië geëmigreer het.
20
FEB

Groeipyne

Johan van Lill praat met Daan Potgieter van die Afrikaanse Onderwysnetwerk oor Wêreld Moedertaaldag op 21 Januarie. Sondag word daar op RSG 'n simposium aangebied oor die belangrikheid van moedertaalonderwys, en Daan vertel ook waarna luisteraars kan uitsien.
13
FEB

Groeipyne

Johan van Lill praat met Hannes Wessels, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die voor- en nadele van die gebruik van tegnologie in die klaskamer, en wat ouers en versorgers hieroor moet weet.
06
FEB

Groeipyne

Johan van Lill praat met Salome Botes, 'n slaapkonsultant, oor hoe ongesonde slaappatrone jou kind affekteer, en hoe 'n mens goeie slaappatrone ontwikkel. Hoe gemaak met kinders wat sukkel om tot ruste te kom? Watter impak het swak slaaphigiëne op kinders se klaskamergedrag en skoolprestasie?
30
JAN

Groeipyne

Baie mense het deesdae hulle kinders heelwat later in hulle lewe, en trou ook op 'n hoër ouderdom. Johan van Lill praat met Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die impak wat dit het op die kind en ouer, en watter uitdagings daar is. Mense trou ook vir 'n tweede of derde keer, en dikwels is daar dan 'n redelike generasiegaping tussen die eerste sarsie kinders en die volgende, en ook tussen die twee ouers. Hoe beïnvloed dit jou ouerskapstyl en -aanslag?
23
JAN

Groeipyne

Johan van Lill praat met Talitha Veldsman oor al die eerstes in 'n kind se lewe, wat 'n sekere verantwoordelikheid van 'n kind vereis: eerste selfoon, eerste troeteldier, eerste vervoermiddel, eerste uitslaap. Ons gee wenke oor wanneer en hoe ek weet my kind is gereed hiervoor, en hoe maak ek seker my kind kom sy of haar verantwoordelikheid na, of is en bly veilig.
16
JAN

Groeipyne

Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen, 'n onderwyskundige, oor wat om te doen as jou kind nie by die skool aanpas nie. Wanneer moet jy bekommerd wees? Hoe skakel jy met die skool hieroor? Wat kan jy as ouer of versorger doen om die kind te ondersteun?
09
JAN

Groeipyne

Johan van Lill praat met Amanda Uys, 'n Graad 1-onderwyseres, en Talita Veldsman, 'n opvoedkundige sielkundige, oor hoe om die skooljaar reg aan te pak.
09
JAN

Groeipyne

Johan van Lill praat met Amanda Uys, 'n Graad 1-onderwyseres, en Talita Veldsman, 'n opvoedkundige sielkundige, oor hoe om die skooljaar reg aan te pak.
02
JAN

Groeipyne

'n Gedagte wat wêreldwyd groot aanhang begin kry het die afgelope paar jaar, is dat ouers en versorgers aan die begin van die jaar moet besluit op 'n ouerskapsfokus vir die jaar wat voorlê. Johan van Lill praat hieroor met Wynand Breytenbach, 'n dominee, Charl Greef, 'n biokinetikus. en dr. Chanelle Kemp,'n gesondheidskundige, oor dinge waarop gesinne hierdie jaar kan fokus.
25
DEC
2019

Groeipyne

Johan van Lill praat met Marinda Engelbrecht en Lize Vlok oor dinge wat ouers en versorgers met kinders in die kombuis kan doen in die vakansietyd. Marinda is 'n bekende glanskok en Lize is 11 jaar oud.

308 episodes

« Back 13—24 More »