Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
17
NOV

Fiks vir die lewe

Die meeste mense in Suid-Afrika sê dat hulle aan die een of ander kerkgenootskap behoort. Tog hoor en lees jy dikwels van mense wat ontevrede is met wat 'n sekere kerk doen of in hulle vergaderings besluit. Dit laat die vraag ontstaan of die kerk nog 'n stem het in die 21e eeu?
10
NOV

Fiks vir die lewe

Boelies by die skool, motoronderonsies, die woedende gebruik van die H- en K-woorde, ouers wat mekaar en kinders mishandel - dit spel net twee woorde: onbeheersde agressie. Hoe kan ek uit hierdie spiraal loskom?
03
NOV

Fiks vir die lewe

Wen of verloor is deel van die lewe. Almal wil egter wen, en niemand wil verloor nie. Hoe hanteer ek hierdie twee groot werklikhede op die sportveld, by die werk, op skool of in my verhoudings?
27
OCT

Fiks vir die lewe

In 'n 2005 Gallup-meningspeiling is mense gevra wat hulle die meeste vrees. Die topantwoorde was terroriste-aanvalle, spinnekoppe, die dood, mislukking, oorlog, misdaad- of bendegeweld, eensaamheid, die toekoms en kernoorloë. Hoe moet ek my vrese hanteer?
20
OCT

Fiks vir die lewe

Geweld teen vroue en kinders is 'n kommerwekkende probleem in die Suid-Afrikaanse samelewing. Maar wat van seksuele geweld, boelies op skool, emosionele geweld en teistering. Hoe hanteer ek dit wanneer dit my persoonlik raak?
13
OCT

Fiks vir die lewe

Vreemdelingehaat het onlangs weer begin oorkook. Vragmotors is aan die brand gesteek, winkels is afgebreek en immigrante uit Afrikalande (wettig en onwettig) vrees vir hulle lewe. Het vreemdelinge enige plek in 'n land, of is mens beter af sonder hulle?
05
OCT

Fiks vir die lewe

Deur 'n besluit van die Konstitusionele Hof, is lyfstraf vir kinders nou taboe. Hoe nou gemaak om my kind te dissiplineer? Is die hofuitspraak in stryd met die Bybel?
31
MAR

Fiks vir die lewe

Daar word gesê dat rusiemaak nie kommunikasie is nie, maar geraas. Of dit waar is of nie, rusies kom daagliks voor in mense se lewe. Sommiges daarvan word gou ontlont, terwyl ander lelike afmetings aanneem. Hoe moet ek optree wanneer daar rusie gemaak word?
24
MAR

Fiks vir die lewe

Dit was hierdie week gedurig in die nuus: die moord in Christchurch, Nieu-Seeland, van 50 mense by die Al Noor Moskee. Skaars het ons die nuus kon verwerk, of daar is 'n skietery op 'n trem in Utrecht, Nederland, waar drie mense vermoor en verskeie ander beseer is. Om nie eens te praat van die verskeie hofsake in Suid-Afrika waar mense tereg staan op aanklagte van moord nie. Waarom vermoor mense ander?
16
MAR

Fiks vir die lewe

'n Luisteraar skryf: “Na 12 jaar jaar in die onderwys beleef ek 'n loopbaankrisis. Die behandeling van onderwysers deur ouers, leerders, die onderwysdepartement, beheerliggame, bestuurspanne, ens. maak dat ek moed verloor.” En met mense wat hulle werke verloor, asook die probleem om toepaslike werk vir jou kwalifikasie te kry, raak dit vir baie mense inderdaad 'n loopbaankrisis.
09
MAR

Fiks vir die lewe

Daar is 'n Arabiese spreekwoord wat lui: “Die huwelik is soos 'n beleërde vesting; die wat daar buite is, stry met alle mag om in te kom, en die wat daarbinne is, probeer vir al wat hulle werd is, om daaruit te kom.” Jy mag dalk lag oor hierdie stelling, maar sit daar nie miskien tog 'n greintjie waarheid in nie, veral as gekyk word na die hoë egskeidingsyfer in Suid-Afrika?
03
MAR

Fiks vir die lewe

Vir watter party moet ek in die komende verkiesing stem? Hoe lank nog voord ek dalk my werk verloor? Watter toekoms is daar vir my? Hoe moet ek maak as my finansies nie klop nie? Hoe hanteer ek onsekerheid?

191 episodes

« Back 1—12 More »