Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
19
SEP

Fiks vir die lewe 19 September 2021

Kerke is hard getref deur die Corona-pandemie omdat groot byeenkomste verbied word. Heelwat kerke het hulle dienste uitgebrei na stromingsdienste op die internet. Wat gebeur met die kerke wanneer die Coronavirus sy wyk geneem het? Is dit terug na normaal, of sal die kerk moet aanpas?
12
SEP

Fiks vir die lewe 12 September 2021

Dit is verstommend hoe medici met mekaar verskil oor Covid-19, veral wat inenting betref.  Daar is sommiges wat vasstaan daarvoor, terwyl ander weer negatief daarteenoor staan. Die vraag kan gevra word: Waarom verskil  geneeskundiges soms heftig oor bepaalde siektes en die behandelingsmetodes daarvoor? Flip Loots praat hieroor met dr. El-Marie Rose-Innes. 
05
SEP

Fiks vir die lewe 5 September 2021

Een van die kenmerke van die tyd waarin ons lewe, is die verskil in menings oor die neem van die inenting teen die Corana-virus al dan nie.  Naas diegene wat nie kan wag om dit te kry nie, is daar diegene wat heftig daarteen gekant is. Hoe hanteer jy mense se verskillende opinies?
29
AUG

Fiks vir die lewe 29 Augustus 2021

‘n Verslag deur ‘n span Suid-Afrikaanse navorsers sê sowat 3-miljoen Suid-Afrikaners het sedert die begin van die grendeltyd hulle inkomste verloor, en byna die helfte van alle huishoudings in die land sê hulle het die afgelope drie maande honger gely. Die Coronapandemie het veroorsaak dat daar groot nood in gemeenskappe ontstaan het. Hoe kan sulke mense in hierdie tyd gehelp word?
22
AUG

Fiks vir die lewe 22 Augustus 2021

Dit is nagenoeg een-en-'n-half jaar dat die Coronavirus met ons is. Baie vriende of familie is in die hospitaal of die graf. Genoeg om jou moedeloos te maak. Kan daar iets positief hieruit vloei?
15
AUG

Fiks vir die lewe 15 Augustus 2021

Dit is opvallend hoeveel bekendes in hierdie tyd sterf. Dit laat die vraag ontstaan wat die impak daarvan op die samelewing, hulle familie en vriende is. Wat is die waarde van ‘n lewe?
08
AUG

Fiks vir die lewe 8 Augustus 2021

Al hoe meer mense verloor hulle werk, besighede sluit en depressie en angs neem toe. Flip Loots praat met dr. Gustav Gous oor emosionele moegheid, onsekerheid en depresssie in die pandemietyd.
01
AUG

Fiks vir die lewe 1 Augustus 2021

Grendeltyd. Beperkte verkoopsure. Mense in hospitale. Doodskiste wat opraak. Alles nuwe begrippe, nuwe belewenisse wat Covid soos ‘n woestynpad voor my laat uitstrek. Hoe hanteeer ek dit?
25
JUL

Fiks vir die lewe 25 Julie 2021

Daar is reeds in Suid-Afrika meer 66,000 mense dood as gevolg van Covid-verwante oorsake. In baie gevalle is dit ouer mense wat eensaam gesterf het, maar grootmense en kinders maak ook deel van dié getal uit. Begrafnisondernemers kan nie byhou met begrafnisdienste nie. Daar is bykans niemand wat nie weet van iemand of ‘n familielid het wat reeds aan Covid gesterf het nie. So baie dood om jou - hoe hanteer jy dit?
18
JUL

Fiks vir die lewe 18 Julie 2021

Wat ‘n opwindende tyd in hulle lewe moes wees ná skool en op universiteit, het vir baie jongmense in ‘n nagmerrie van onsekerheid en frustrasie ontaard vanweë die Covid-pandemie en -regulasies. Die omstandighede waarin die jeug tans moet leef is nie altyd so positief nie.  Wat kan ons daaraan doen?
11
JUL

Fiks vir die lewe 11 Julie 2021

Elke mens ervaar die baie veranderings waarmee hulle te doene kry: van skool na universiteit; van studies na ‘n vaste werk; van ongetroud na getroud; van gesond na siek. En dan moet koersaanpassings gemaak word, soos ook nou tydens die pandemie in baie gevalle gebeur. Sommige koersaanpassings is maklik, ander moeilik en selfs traumaties. Hoe doen ‘n mens dit?
04
JUL

Fiks vir die lewe 4 Julie 2021

Iemand sê nou die dag: “Dit voel my in hierdie Corona-tyd of ek soos ‘n kar met dompligte is – ek sien net hier voor my. Ek kan nie meer vooruit dink of beplan nie.” Hoe gemaak wanneer daar skynbaar nie veel stabiele vooruitsigte is vir mense om hulle lewe vooruit te beplan nie? Hoe ver strek die meeste mense se toekomsvisie in hierdie tyd?

250 episodes

« Back 1—12 More »