Diskoers 2014

US Woordfees  |  Afrikaans  |  Event, ±52 min episodes total time 6 hr 04 min
'n Reeks opwindende gesprekke oor kontroversiële onderwerpe is weer by die 2014 Woordfees bespreek.
01
Met Kay de Villiers en Johannes de Villiers Bewerings oor geloofsgenesing word smalend deur die ‘ander kant’ afgemaak as oëverblindery, of mense vra sinies hoekom God dan nie mense met amputasies ‘genees’ nie.Bestaan ‘bonatuurlike ingrype’? Staan geloof hier teenoor die rede? Is die wetenskap van Westerse medisyne voldoende? Is daar ruimte vir geloof in genesing? Of bly dit ’n plasebo-effek?
02
Met Chris Jones en Nicki Spies: Die tradisionele huwelik is van verskillende kante onder skoot.Enersyds vra baie of die huwelik nog ’n nuttige instelling is. In ontwikkelde lande droom al minder jongmense van kleins af oorhul troudag en dra dit geen stigma om nie te trou nie.Andersyds word ander tipes verbintenisse, soos saamwoon en verhoudings met dieselfde geslag, as geldige alternatiewe vir tradisionele huwelike gesien. Hoe Goddelik is die huwelik?
03
Aangebied deur Stellenbosch 360. Met Conrad Sidego (burgemeester), Andreas van Wyk, Annemarie Ferns, Martie Meiring, Andi Norton,Alayne Reesburg en Jerome Slamat. Kaapstad het die bod as Wêreld-ontwerpstad 2014 gewen met ’n visie wat die beoordelaars beïndruk het: om deur ontwerp tot ’n volhoubare, produktiewe Afrika-stad te transformeer wat historiese verdelings oorbrug en sosio-ekonomiese inklusiwiteit uitbou. Kom neem deel aan die debat oor Stellenboch as dié kuns-en-kultuurdorp in Afrika.
04
Met Stan du Plessis en Sampie Terreblanche: Is geloof die opium vir die volk wat armes moet paai met ’n belofte van ’n beter hiernamaals? Of is geloof eerder die kaartjie na voorspoed en rykdom? As God dan ‘op ’n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte’ is (Belhar-belydenis), wat vra dit van gelowiges? Het die kerk enige geloofwaardigheid hier?
05
Spookstasie gesels met Hermann Giliomee, bekende historikus, openbare intellektueel en politieke interpreteerder, oor sy loopbaan en die begrip pluralisme.
06
Bio-etiese brandpunte: Wat word van menslike identiteit in die era van nuwe genetiese tegnologieë? Ondersteun deur Edwin Hertzog en Mediclinic Met Tinus Kruger (Infertiliteitskliniek, US Mediese Fakulteit) en Anton van Niekerk (Sentrum vir Toegepaste Etiek, US) Die ‘genetiese wending’ in die hedendaagse geneeskunde bring mee dat al hoe meer siektes, gestremdhede en potensiële lyding geneties geïdentifiseer kan word. Wil ons regtig weet wat ons alles kan oorkom? Watter implikasies het sulke kennis vir ons privaatheid, outonomie en identiteit? ’n Deskundige oor menslike voortplanting en ’n bio-etikus bespreekbespreek die boeiende en relevante vrae.
07
Spookstasie bied 'n politieke blik op die idee van Suid-Afrika as vertaling of vertaalde land.