Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
02

Abraham H. de Vries – Maar wie snoei die rose in die nag?

Wium van Zyl gesels met die meester van die kortverhaalskryfkuns, Abraham H. de Vries, oor sy jongste kortverhaalbundel. In ’n vertroude vertellerstem, ’n stem byna uniek in Afrikaans, word die leser in dié verhale herinner aan die verstrengeldheid van die magiese en aardse van ons lewens.
02

Louis Esterhuizen – Die afwesigheid van berge

Francois Smith gesels met Louis Esterhuizen oor sy heel persoonlike, maar baie aktuele digbundel. Die drie uitgesponne gedigte wat die kern van dié bundel vorm, slaan die leser met die een kragtige golf van poëtiese besinning na die ander. Dit is die spreker se reis onderweg na die dood –die gedagtevlugte, die besinnings, die fantasieë waartoe die bewussyn geskok word. ’n Ander faset van die feestema.
02

Jacqueline Leuvennink – Op die spoor van hoop

Die bekende Jacqueline Leuvennink voer ’n gesprek met Gerard Scholtz oor haar debuutbundel. Op die spoor van hoop is ’n inspirerende dokumentering van die lewens van mense wat in hul pyn steier, maar hul hoop behou en bly getuig dat God jou nie verlaat nie. Ons moet soms ons siel laat gaan waar die oë nie kan sien nie.
06

Deon Meyer – Kobra

Bennie Griessel is eerste op die toneel: ’n bloedbad in ’n luukse gastehuis op ’n Franschhoek - wynplaas. Drie slagoffers van ’n geheimsinnige, blitsige, meedoënlose huurmoordenaar genaamd Die Kobra. Kan Griessel hom keer voordat hy weer toeslaan? Want daar was boonop ’n ontvoering. Huisgenoot se Elna van der Merwe praat met die internasionaal bekende Deon Meyer oor sy nuutste krimi.
08

Mariël le Roux – Klara

Nanette van Rooyen vra Mariël le Roux uit oor haar roman,’n verhaal met ’n onweerstaanbare aardsheid. Klara is snaaks én hartverskeurend – dis nie aldag dat ’n mens jou so kan verlustig in die vreemde draaie wat die lewe gooi nie. Mariël is ook die skrywer van die topverkoperroman Die naamlose.
09

Krokodil aan my skouer:Stoffel toe en nou –met Christiaan Bakkes

In Christiaan Bakkes se boeiende vertelling oor sy vormingsjare vertel Stoffel die verhaal van sy grensdiens en ontbloot ’n stuk geheime geskiedenis uit die bosoorlog. Nou voer hy ’n oorlog teen renosterstropery. Dit is Bakkes se eerlike en openhartige blik op homself en die lewe wat van hom so ’n gewilde skrywer maak. Erns Grundling van die tydskrif WEG gesels met Christiaan.
10

Sampie Terreblanche – Die kloof tussen ryk en arm

Tafelberg stel die bekende ekonoom Sampie Terreblanche se jongste boek bekend: Terreblanche deel sy uitgesproke en onverskrokke standpunt oor die stand van Suid-Afrika as land met van die grootste gapings tussen arm en ryk – ’n tendens wat sedert die ANC se oorname net vererger het. Dat dié onrusbarende gaping steeds vergroot, voorspel vir hom niks goeds vir Suid-Afrika se stabiliteit en toekoms nie. Kom hoor of jy saamstem!
11

Joan Hambidge – Meditasies

Uitgewer Etienne Bloemhof gesels met die bekende literêre figuur Joan Hambidge oor haar jongste digbundel, Meditasies,’n ryk geskakeerde bundel wat ’n beduidende bydrae tot die breë Afrikaanse digterlike leksikon lewer. Humor en satire tree dikwels op die voorgrond, en so ookbesonder skerp herinneringe. Haar bundel Visums by verstekis in 2012 met die ATKV-prys vir poësie bekroon
12

Deon Opperman – Donkerland

Kerneels Breytenbach gesels met Deon Opperman oor die roman Donkerland – ook een van die grootste TV - gebeurtenisse van 2013, die epiese kykNET - reeks wat 158 jaar van Afrikaner - geskiedenis in 13 episodesteleskopeer. Een van die mees ambisieuse skeppings in Opperman se loopbaan as dramaturg endraaiboekskrywer is deur Breytenbach herskryf in romanvorm. Hoe werk dit? WOORDtroFEE Finalis: Gevestigde Skrywer
13

Marié Heese – Vuurklip en Karoo - Kantate

Amanda Botha praat met die skrywer van Die uurwerk kantel, Marié Heese, oor haar jongste jeugroman Karoo - Kantate. Heese vertel ook van haar eerste Afrikaanse roman in 30 jaar, Vuurklip –’n magiese verhaal oor die lotgevalle vandie land - en die seestamme aan die suidkus van Afrika 100000 jaar gelede. WOORDtroFEE Wenner: Gevestigde Skrywer
14

DF Malan en die opkoms van Afrikaner-nasionalisme

Die jong, dinamiese historikus Lindie Koorts bring vir ons ’n treffende stuk sosiale geskiedenis – ’n biografie van DF Malan, maar terselfdertyd ook van die Afrikanervolk. Die geskiedkundige Albert Grundlingh lig boeiende kwessies uit in ’n gesprek met haar.Woordtrofee Wenner: Debuutskrywer
15

Digtersparadys

Met TT Cloete, Adam Small, Wilma Stockenström en Hennie Nortjé: Kom luister saam na baie spesiale voorlesings uit hul jongste bundels deur drie van die grootste digters in Afrikaans: Hierdie mens –Wilma Stockenström; Klawerjas– Adam Small, en Karnaval en lent– TT Cloete. Hennie Nortjé sluit by hulle aan met In die skadu van soveel bome,sy dubbelbekroonde debuutbundel. ’n Hoogtepunt op die feesprogram!

19 episodes

« Back 1—12 More »