Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
01

Die betowering van Martie Preller

Die betowering van Martie Preller
Aangebied deur LAPA
Die legendariese kinder - en jeugboekskrywer Martie Preller se 38ste kinderboek Ons kan! is onlangs gepubliseer. Amanda Botha gesels met die ‘ma’ van geliefde karakters soos Babalela, Balkie en Jamie & Sebastiaan, oor die unieke en betowerende skryfwerk waarmee sy oud en jonk reeds dekades lank vermaak.
02

Simon Bruinders – Die sideboard

Aangebied deur Naledi: Die bekende akteur Simon Bruinders maak sy buiging as skrywer! Sy aangrypende debuutroman vertel die verhaal van Suid - Kaapse bruinmense wat in die Tweede Wêreldoorlog die wapen vir Suid - Afrika opgeneem het, en grond as beloning beloof is. Rachelle Greeff vra die skrywer uit oor dié belofte wat nooit nagekom is nie.
02

Helena Hugo – Haar naam is Ragel,en Marta

Aangebied deur Lux Verbi: Die bekende Helena Hugo besin saam met Wendy Maartens oor die aantrekkingskrag van eg - Afrikaanse fiksie met 'n inspirerende tema, na die wegholsuksesse van haar twee boeke. Haar naam is Ragel asook Marta
.
02

Elaine Bing – Ek het gemartel / Unmaking of the torturer

Aangebied deur LAPA: Stories oor mense wat gemartel het, is nog nie voorheen gedokumenteer nie. Dié boek belig die gruweldade van drie polisiemanne tydens die apartheidsjare, maar ook hulle pyn in die helingsproses. Anna-Marie Mischke gaan saam met die skrywer, die sielkundige berader Elaine Bing wat haar
doktorsgraad behaal het oor dié onderwerp, in op die pad wat sy met die martelaars gestap het
07

Steve Hofmeyr – Laaste dans, Drienie

Aangebied deur Zebra Press. Toe Oscar Pistorius blosend in die gange van die Brooklyn -polisiestasie by luitenant Muller Joubert verbyloop, was Muller seker dat daar in jare nie so ’n bisarre saak was nie. Hy was verkeerd. Daar was reeds. En hy was in die middel daarvan. Steve Hofmeyr praat met Deon Meyer oor sy plek as skrywer binne die Afrikaanse letterkunde.
08

Maties en Afrikaans - Pieter Kapp

Aangebied deur Protea Boekhuis. Met Pieter Kapp en Jacques du Preez: In die geskiedenis van Suid-Afrika was daar vyf groot taaldebatte oor die plek en rol van Afrikaans. Twee het op Stellenbosch afgespeel: die eerste debat was tussen Hollands en Afrikaans en die erkenning van Afrikaans as die nuwe universiteit se onderrigtaal; die tweede debat tussen Afrikaans en Engels as onderrigen gebruikstaal. Pieter Kapp gesels met Jacques du Preez van die FW de Klerk Stigting oor sy besondere boek Maties en Afrikaans.
09

Albert Grundlingh – Potent Pastimes

Albert Grundlingh – Potent Pastimes: Sport and leisure practices in modern Afrikaner history Aangebied deur Protea Boekhuis: Hierdie ongewone blik op die Afrikaner se geskiedenis betrek areas wat die konvensionele geskiedskrywing oor die hoof sien, soos die obsessie met rugby, die ondergang van hondewedrenne in Johannesburg in die 1940’s en die aantrekkingskrag van die strand by Hartenbos in die 1930's. Kom luister na die skrywer segesprek met Hermann Giliomee.
10

Jo van As & Johann du Preez – Die verhaal van lewe en die omgewing

Dave Pepler gesels met skrywers Jo van As en Johann du Preez oor hulle boek se besondere blik op die mens se ontstaan in Afrika en op ons ontwikkeling tot moderne mens. Afrika bied ’n ryk natuurerfenis, ’n wonderbaarlike verskeidenheid en’n merkwaardige herstelvermoë. Maar wat doen ons aan hierdie brose kontinent, wie se hulpbronne ons so gebruik én misbruik?
11

Chris van der Merwe – Die wonder van die Goddelike liefde

Aangebied deur Lux Verbi: Chris Jones praat boeiend met die bekende ouddosent en bekroonde radioresensent Chris van der Merwe oor leidrade om die misterie van die Goddelike liefde beter te kan verstaan. Van der Merwe ondersoek in hierdie wonderlike boek ses perspektiewe op die liefde, naamlik geloof, hoop, geregtigheid, nederigheid, waarheid en vreugde.
11

Christina Landman en Nicki Spies – Die ritmes van ons lyf

Aangebied deur Naledi: In hierdie boek verken Christina Landman en Nicki Spies die pad van passie, lyflikheid en intimiteit in Leefstyl - stories oor die lyf en gees wat jou help om sin te maak van dinge wat ontspoor. Besin saam met die twee skrywers oor hoe om saam met jou liefdesmaat die ritmes van die lyf – én van die hart – te koester en te geniet.
13

Niq Mhlongo – Way Back Home

Presented by Kwela Uitgewers: Soweton-born author Niq Mhlongo discusses his novel – a caustic critique of South Africa’s political elite – with James Woodhouse. Kimathi Tito has it all, but things are far from perfect. After a messy divorce, accelerated by his gambling habit and infidelities, he is in danger of losing everything. And now, to top it all, he’s seeing ghosts. Mhlongo’s first novel, Dog Eat Dog, was translated into Spanish and was awarded the Mar des Lettras Prize.
14

Asterix in Afrikaans

Aangebied deur Protea Boekhuis: Getafix is nou Kasterolix, Cacophonix is Liederlix en Dogmatix herdoop na Witblix. Maar Astrix en Obelix se streke bly dieselfde – en lesers kan dit geniet
in sprankel-Afrikaans, danksy die vertalings van Sonya van Schalkwyk-Barrois. Sy het ook al Kuifie (Tintin) Afrikaans laat praat. Zandra Bezuidenhout en Johanna Steyn praat oor die uitdagings van dié vertaling en die towerkuns wat dit verg.

19 episodes

« Back 1—12 More »