9 Episodes
Om die Nguni-vure
Myra Scheepers het op 80 met ʼn bundel Nguni-sprokies gedebuteer wat kinders en grootmense laat regop sit! Om die Nguni-vure is ʼn belangrike verruiming van ons Afrika-erfenis. Kom luister na hierdie merkwaardige vrou se literêre reis en die sprokies se ontstaan. Sy praat met haar dogter Riana Scheepers en kleinseun…
Land van die groot woordfabriek
Met Daniel Hugo, Jaco Jacobs, Miemie du Plessis, Nicol Stassen en Danie Marais Is dit regtig nodig om oorsese kinderboeke in Afrikaans te vertaal? Wat van plaaslike skrywers? Wie besluit wat word vertaal? Watter uitdagings bied ’n kinder- of jeugboek aan vertalers? Luister wat sê dié kundige rolspelers.
Athol Fugard: a reading
In this special hour of words, renowned author and playwright Athol Fugard reads an unpublished work. Share a special moment with the Wordfest’s guest of honour, in the year of his 80th birthday.
Die wonderwerker
Chris Barnard en Katinka Heyns se spanwerk het oor jare gesorg vir uitnemende Afrikaanse rolprente, waarvan Die wonderwerker ʼn hoogtepunt is. Met hierdie film het die belangstelling in Eugène Marais se lewe en werk opnuut opgevlam. PG du Plessis gesels met dié geliefde en formidabele egpaar.
Gewildste Afrikaanse gedigte
Kom luister en gesels saam as Elsabé Daneel, Johann Nel en van jou gunstelingdigters optree by die bekendstelling van Leserskring se Gewildste Afrikaanse gedigte. Hierdie gedigteboek en CD bevat die 100 gewildste Afrikaanse gedigte, deur die publiek gekies onder aansporing van Leserskring.
So kry ons Afrikaans
Christo van Rensburg se So kry ons Afrikaans vertel die volle geskiedenis van die taal, met die fokus op die mense wat dit praat in al sy variëteite. Michael le Cordeur en Jacques van der Elst pols die skrywer oor hoe almal se stukkies in die legkaart pas.
Die Hoofkarakter-soektog
Wat gebeur as lesers die kans kry om die hoofkarakter in ’n nuwe spanningsroman te wees? Leon van Nierop en hoofkarakter Monique Bisschoff verskaf terugvoering oor die LAPA Hoofkarakter-soektog – ’n opwindende, Pendoring-bekroonde leserskompetisie wat op Facebook aangebied is. Leon se Snydokter is die eindproduk daarvan.
Digtersparadys
Met Loftus Marais, Ronelda Kamfer, Nathan Trantraal, Andries Bezuidenhout, Fanie Olivier en Arjen Duinker ʼn Kombinasie van digterstalent wat jy selde op een verhoog kry. Verlekker jouself in voorlesings deur van die gewildste Afrikaanse digters, met ʼn spesiale optrede deur die bekende Nederlandse woordkunstenaar Arjen Duinker.
Nederkaans en Afrilands
Kom in, dit vries daar buite, vertaal deur Daniel Hugo, is ’n keur van 50 gedigte van Alfred Schaffer wat deesdae in Suid-Afrika woon en werk, as dosent in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die US. Antjie Krog, Ronelda Kamfer en Danie Marais lees verse voor saam met dié…