US Woordfees Woord-ure 2013

Woord-ure 2013

Afrikaans South Africa Arts
10 Episodes

So amper waar

Aangebied deur Umuzi. François Loots gesels oor sy nuwe roman Rooi Jan Alleman, waarin hy die lewe van die Afrikaner-kommunis Bram Fischer onder die loep neem. ’n Fassinerende blik op ’n omstrede historiese figuur.
4 Mar 2013 1AM 49 min

My pad met engele

Kom luister saam na Belinda Bras-Nel se verhale oor ervarings met hemelwesens. Sy bespreek haar nuwe boek My pad met engele en vertel hoe haar engele haar tot bemagtiging gelei het. Wil jy hoor hoe om ʼn engelboodskap te ontvang?
5 Mar 2013 6AM 46 min

Net soos jy is

Baie vroue voel soms dat hulle net nie goed genoeg is nie, maak nie saak hóé hard hulle probeer nie. Milanie Vosloo wys jou hoe om dié leuen vir goed nek om te draai. Kom ervaar hoe hemels dit kan wees om aanvaar te word – net soos jy is!
5 Mar 2013 7AM 43 min

Die eerste Grieks-Afrikaanse Bybel

Met Hermie van Zyl, Herman du Toit en Sua du Plessis Al ooit gewonder hoe Bybelvertalings werklik gedoen word? Met die Interliniêre Bybel sien jy vir die eerste keer hoe die Grieks stap vir stap Afrikaans geword het.
5 Mar 2013 9AM 45 min

Superster van die Sjoa

Anne Frank, wie se dagboek in meer as 60 tale vertaal is, het ’n kultusfiguur geword. In dié lesing ondersoek Lina Spies die pynlike diskrepansie tussen Anne as eensame dagboekskrywer en gebroke slagoffer van die Sjoa (Hebreeus vir ‘vernietiging’), teenoor haar beeld as verheerlikte postume superster.
6 Mar 2013 7AM 45 min

Treurgrond

Na heftige openbare reaksie op Treurgrond – 20 jaar van plaasaanvalle is besluit om dié boek by te werk. Met treffende kunswerke van Pauline Gutter, gedigte en nuwe navorsing oor die hel van plaasaanvalle, word Treurgrond ʼn boekmonument ter ere van die slagoffers. Die bekende Dirk Hermann is aan die…
6 Mar 2013 10AM 47 min

Dan Sleigh

Die gevierde ATKV Prosapryswenner Dan Sleigh praat oor sy historiese roman Afstande. Hy vertel hoe Nagri, die laaste Joodse profeet, 2 400 jaar gelede moeitevol die pad vir sy Verlosser in die woestyn berei, oortuig dat dit ’n Griek gaan wees. Nagri – die woedende digter van Psalm 137, die…
7 Mar 2013 5AM 43 min

PEN Afrikaans

Alles oor PEN Afrikaans: Sonja Loots, EKM Dido en Heilna du Plooy stel die leidsliede voor, vertel van die opwinding oor hul amptelike erkenning as ‘n PEN-sentrum, gesels oor die webwerf op LitNet en gee ‘n kykie in planne en bedrywighede.
9 Mar 2013 9AM 43 min

Manlikheid in krisis?

Met Juliana Claassens, Stella Viljoen en Chris Broodryk Mediabeelde vertel ons daagliks dat manlikheid saamhang met magsug, geweld en kits-bevrediging. Drie bydraers tot Sacred Selves: Essays on Gender, Religion, and Popular Culture praat oor misdaadfiksie, glanstydskrifte en film, en besin oor man-wees in Suid-Afrika.
9 Mar 2013 10AM 50 min

Barakat

Maak kennis met die opwindend-ste jong stemme in Afrikaans: Adrian Different, Rimestein en Pieter Odendaal. Soms moet daai laaste stukkie van die beste woordkonkoksies weggebêre word om later geniet te word. Stiek uit en kom experience hoe ’n barakat gepak moet word sodat die savouries nie met die soetgoed mix…
10 Mar 2013 6AM 34 min