US Woordfees Profiele 2013

Profiele 2013

Afrikaans South Africa Arts
7 Episodes

Tussen Tale

Die Breedevallei Dichters en Ivan Meyer, DA-leier in die Wes-Kaap, in opmars vir Afrikaans! Luister na tongvalle in Afrikaans, Engels, IsiXhosa en Nederlands met die bekendstelling van hul vyfde bloemlesing, Teater van die verlore tyd– Theater van de verloren tijd. ’n Feestelike, multitalige geleentheid! Verwelkoming: Dorothea van Zyl.
3 Mar 2013 1AM 2 hr 04 min

Dot Serfontein 88

As joernalis en skrywer het Dot Serfontein haar ambag met ’n onvernietigbare lewensdrif aangepak. Die resultaat is kontreikuns, sketse, essays, kortverhale en romans wat geslagte Afrikaanssprekendes interesseer en bekoor. Marius Crous en Antoinette Kellerman kom vier haar lewe en werk, en haar skrywende nageslag kom klink ’n glasie op haar…
4 Mar 2013 1PM 1 hr 01 min

E. Kotze 80

Deur die kortverhale en romans van E. Kotze het die Weskus op unieke wyse gestalte gekry in Afrikaans. Petra Müller en Nèlleke de Jager reflekteer saam met dié immergewilde skrywer oor ʼn loopbaan vol hoogtepunte. Le Bonheur sorg vir die vrug van die druif. Verwelkoming: Dorothea van Zyl.
5 Mar 2013 11AM 52 min

Verna Vels 80

Verna Vels, baanbreker in die radio- en televisiebedryf, se onvergeetlike Liewe Heksie het in kinders van alle ouderdomme se harte gekruip. Kollegas in die uitsaaiwese, Riaan Cruywagen en Iris Bester, vier haar lewe en bydrae tot ons kultuurskat. Kom klink ʼn glasie van Uitkyk Light se reeks met ons!
6 Mar 2013 11AM 57 min

Neville Alexander (1937-2012)

Neville Alexander, wenner van o.a. die UNESCO Lingua Pax Prys, het diep spore getrap as struggle-veteraan, taalbeplanningskundige en -aktivis. Dié besoekende dosent van die US Departement Afrikaans en Nederlands het ʼn ongelooflike bydrae tot meertaligheid in Suid-Afrika én Afrika gelewer. Leon de Stadler en Vic Webb reflekteer in dié huldigingsgesprek…
7 Mar 2013 6AM 46 min

Elsa Joubert 91

In haar luisterryke skrywersloopbaan het Elsa Joubert wêreldwyd erkenning gekry vir romans soos Die swerfjare van Poppie Nongena. Haar reisverhale, kortverhale en outobiografiese werk sal onvergeetlik bly. Annari van der Merwe en André P. Brink belig die talle fasette van haar enorme bydrae en lig ʼn glasie Fleur du Cap…
7 Mar 2013 11AM 46 min

Athol Fugard 81

TIME Magazine has described Athol Fugard as the greatest living playwright in the English-speaking world. The Wordfest celebrates this author’s contribution to literature and theatre with a conversation between Fugard and a great man of the theatre, his long-time friend and producer, Mannie Manim. We toast with a glass of…
8 Mar 2013 11AM 50 min