#jouGROOTvennoot
1 EPISODES | GROOTFM 90.5 | Podcast
GROOTfm 90.5 het oor die afgelope 7 jaar ‘n onmisbare ver(skil)maaklikheidsvennoot in die Pretoria- en Suid-Afrikaanse gemeenskap geword. Leersame en insiggewende inligting en inhoud - ons werk intensioneel om ons land en sy mense nou en ook uiteindelik eendag beter te los as wat ons dit gekry het.
Die impak van ons gemeenskapsprojekte ter waarde van etlike miljoene elke jaar, strek van die korttermyn verligting van nood met die insameling van broodnodige lewensmiddele soos warm wintersklere, kos en skryfbehoeftes tot Bybels en beurse vir studente wat andersins nie die geleentheid sou kry om verder te studeer nie.
Ons dra ons trots Afrikaans- en Suid-Afrikaanse hart op ons mou met plaaslike musiek wat meer as 80% van ons speellys uitmaak.
Ons ondersteun plaaslike besighede met innoverende veldtogte wat spesiaal rondom elkeen van ons “vriende”, wat aanvanklik nog kliënte was, se behoeftes gebou word.
Hier is waar dinge nou taai raak…
Radio is ‘n gratis diens aan sy luisteraars. Adverteerders saam met ander inisiatiewe wat ons gewoonlik sou aanpak, is wat die platform dra. Maatskappye en organisasies met wie ons ‘n pad stap en vir wie ons luggolwe al soveel waarde tot hulle besighede kon toevoeg, kry self swaar. Ons toegewyde span van 42 personeel werk tans teen 25% van hulle salaris. Ons is weggewys by elke moontlike vorm van regeringshulp waarvoor ons aansoek gedoen het. Mediahuise en tydskrifte sluit en die laaste ding wat ons land kan bekostig, is dat ons vryheid-van-spraak platforms stil raak…
Waar ons gewoond is om te gee en uit te deel, moet ons nou ons gemeenskap vra om hierdie vennoot en sy rol in die gemeenskap te beskerm deur ‘n finansiële bydrae, wat ons in die volgende paar maande kan help om net anderkant die impak van die inperking uit te kom.
Ons glo in die krag van verhouding en die waarde van sinergie. Soos Aristoteles sê: “The Whole is Greater than the Sum of its Parts.” Mag jy saam met ons werk om hierdie platform te kan behou.