RSG
© SABC RSG inspireer jou deur inligting, vermaak en opvoedkundige aspekte in Afrikaans! RSG bied ‘n wye verskeidenheid programme en inhou wat relevant, opbouend, interessant en aktueel is. Of jy nou op soek is na geselsprogramme, nuus & aktuele gesprekke, leefstyl, dokumentêre en radioteater, of hou van ‘n op-en-wakker huistoery en ontbytprogram – RSG bied dit alles! Daar is ‘n wye verskeidenheid musiekgenres wat jy op RSG kan hoor – van opera en klassieke musiek tot country, gospel, Afrikaans, jazz en kontemporêre musiek van regoor die wereld. RSG – dis die een!
Aanddiens
51 episodes | RSG | Afrikaans Podcast, ±22 min per episode every 6 days + Follow channel in Playlist
‘n Leraar bring ‘n boodskap uit die Bybel.
Befonk
Befonk gaan oor alles wat vir jongmense (almal jonger as 25!) saak maak
Brêkfis met Derrich
'n Op en wakker Sateroggendkuier met musiek, kompetisies en alles van visvang en tuinmaak tot omgewingsake en pleisters vir jou siel. (Saterdag - 05:00-10:00 met Derrich Gardner)
Die tale wat ons praat
51 episodes | RSG | Afrikaans Podcast, ±19 min per episode every 6 days + Follow channel in Playlist
Aktuele sake en interessanthede oor die Afrikaanse taal word bespreek. Daar word gesels oor verskillende variëteite van Afrikaans, bv. die taal van die wet, van die ekonomie, van die onderwys, maar ook streek- en groeptale kry aandag. Van tyd tot tyd word luisteraars genooi om in te bel met hulle taalprobleme of -sienings, en word seldsame uitdrukkings bespreek.
Dieremaniere
22 episodes | RSG | Afrikaans Podcast, ±36 min per episode every 1 week + Follow channel in Playlist
'n Veearts beantwoord luisteraarsvrae oor die interessante maniere van hulle troeteldiere.
Drama 75
13 episodes | RSG | Afrikaans Series, ±28 min per episode total time 6 hr 04 min + Follow channel in Playlist
RSG vier vanjaar 75 jaar van radio uitsending. In hierdie reeks kyk Bettie Kemp kyk na interessante aspekte spesifiek rondom radio dramas, insluitende die verskillende genres, die skrywers en radiospelers en ander interessanthede om hierdie kunsvorm.
Ekoforum
51 episodes | RSG | Afrikaans Podcast, ±12 min per episode every 2 days + Follow channel in Playlist
'n Program oor natuurbewaring.
Finansiële Fokus
21 episodes | RSG | Afrikaans News, ±15 min per episode every 1 week, 1 day + Follow channel in Playlist
'n Oorsig van die week se gebeure op die wêreld se finansiële markte.
Geestesgesondheid
46 episodes | RSG | Afrikaans Podcast, ±38 min per episode every 1 week + Follow channel in Playlist
Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte rondom geestesgesondheid.
Hersiening 2012
Met die oog op die matriek-eindseksamen, saai RSG 'n reeks programme uit waarin aspekte van die sillabus en vorige vraestelle bespreek word.
Hoe verklaar jy dit?
51 episodes | RSG | Afrikaans Podcast, ±26 min per episode every 1 week + Follow channel in Playlist
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Islam in Fokus
51 episodes | RSG | Afrikaans Podcast, ±19 min per episode every 1 week + Follow channel in Playlist
'n Besprekingsprogram gerig op die Moslemgemeenskap.
Kleutertyd
87 episodes | RSG | Afrikaans Series, ±9 min per episode total time 14 hour + Follow channel in Playlist
‘n Program vir voorskoolse kinders waar verhale vertel word van Karel Kabouter en sy dieremaats, met ‘n Christelike toepassing na elke storie.
Kommentaar
63 episodes | RSG | Afrikaans Podcast, ±34 min per episode every 1 week + Follow channel in Playlist
RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.
Kopskuif
37 episodes | RSG | Afrikaans Podcast, ±37 min per episode every 1 week + Follow channel in Playlist
’n Program vir positiewe 55-plussers met woema, wat bereid is om ’n kopskuif te maak en ‘n opwindende en passievolle lewe te leef.
Kortom
85 episodes | RSG | Afrikaans Series, ±17 min per episode total time 24 hr 05 min + Follow channel in Playlist
’n Program waarin kortverhale voorgelees word.
Kruis en dwars
51 episodes | RSG | Afrikaans Podcast, ±36 min per episode every 1 week + Follow channel in Playlist
'n Aktuele besprekingsprogram oor godsdiens.
Leefwêreld van die Gestremde
51 episodes | RSG | Afrikaans Podcast, ±11 min per episode every 1 week, 1 day + Follow channel in Playlist
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Loslip
'n Inbelprogram waar jy kan saamgesels - informeel, uit die hart en onpretensieus. Gooi los - ons doen dit lekker los van lip!
Middag op RSG
Wanneer die kanon op Seinheuwel die koms van die middag aankondig, is daar ná Musiekster nog meer musiek en humor om jou woema te gee vir die res van die dag.
