Warning! This site requires cookies, please enable cookies in your browser settings.

RSG

© SABC  RSG inspireer jou deur inligting, vermaak en opvoedkundige aspekte in Afrikaans! RSG bied ‘n wye verskeidenheid programme en inhou wat relevant, opbouend, interessant en aktueel is. Of jy nou op soek is na geselsprogramme, nuus & aktuele gesprekke, leefstyl, dokumentêre en radioteater, of hou van ‘n op-en-wakker huistoery en ontbytprogram – RSG bied dit alles! Daar is ‘n wye verskeidenheid musiekgenres wat jy op RSG kan hoor – van opera en klassieke musiek tot country, gospel, Afrikaans, jazz en kontemporêre musiek van regoor die wereld. RSG – dis die een!

Sondagjoernaal

12 episodes | Afrikaans Podcast, ±43 min episode every 6 days  Follow channel
Ds. Henk Saaiman vertel van ‘n besoek aan christene in China; Lisa Truter gesels oor die Zoë Trust se skuilhuis vir kinders; Celeste van Niekerk gesels oor die Bread for Life-projek; Hein Reyneke vertel hoe Scas ‘n verandering maak deur sport; vind meer uit oor die Help Lift-projek by die Driehoekgemeente in Vanderbijlpark; en Magriet Smit gesels oor die gebruik van die evangelie terwyl hulle kinders leer lees.

Die tale wat ons praat

50 episodes | Afrikaans Podcast, ±19 min episode every 1 week  Follow channel
Aktuele sake en interessanthede oor die Afrikaanse taal word bespreek. Daar word gesels oor verskillende variëteite van Afrikaans, bv. die taal van die wet, van die ekonomie, van die onderwys, maar ook streek- en groeptale kry aandag. Van tyd tot tyd word luisteraars genooi om in te bel met hulle taalprobleme of -sienings, en word seldsame uitdrukkings bespreek.