Nostalgie van die jeug

--:--
Aangebied deur LAPA: Riana Scheepers en Leti Kleyn, samestellers van
Spoorvat: jeugherinneringe van Afrikaanse skrywers
, het
skrywers gevra om hul kinder
-
of jeugervarings te woord te stel. Die resultaat is ’
n towermooi bloemlesing
van 36 stories. Ons vat die spoor terug na die verlede; ’n verlede so kleurvol, vrolik, hartseer en
uiteenlopend soos die mense van hierdie land. Riana Scheepers gesels met van die skrywers oor hul
bydraes.
15 Mar 2014 9AM English South Africa TV & Film · Arts

Other recent episodes

Nederlandse skrywers op besoek

Ondersteun deur die Nederlandse Taalunie, Kaapse Forum vir Neerlandistiek, Van Ewijck-stigting en Fonds Neerlandistiek: Die dinamiese en veelsydige Vlaamse Bart Moeyaert, wat sy 50ste verjaarsdag in 2014 vier, lees uit sy werk saam met die Nederlandse topdigter Naomi Perquin. Moeyaert, wat o.m. stadsdigter van Antwerpen was, is al veelvuldig bekroon…
10 Mar 2014 7AM 53 min

E-boeke en selfpublikasie: kuns of kulkuns?

Met Madri Victor, Suzette Kotze-Myburgh en Nèlleke de Jager: Is e-boeke die haas uit die hoed en toekoms van die boekbedryf? Is dit wys om as skrywer slegs e-boeke te publiseer? Wanneer is selfpublikasie ’n beter opsie as tradisionele of e-boek-uitgewers? Madri Victor gesels met Suzette Kotze-Myburgh en Nèlleke de…
14 Mar 2014 8AM 52 min

Woordkaros

Met Basil Kivedo, Dianne Ferrus en Elias P. Nel. Musikant: Joey Erasmus: ’n Geliefde Woordfees-aanbieding keer terug! Dis ’n lappieskombers uit die hoed, noukeurig aanmekaargestik met uitgesoekte woorde. Dis grootlieg- en lekkerlagstories. Dis emotiewe gedigte. Dis lekker musiek. Alles met sorg byeen gelas om jou te laat skater, te laat…
15 Mar 2014 3AM 48 min

33 Jaar van boekverkope

Met Lana Barnett, Kerneels Breytenbach, Melt Myburgh en Nèlleke de Jager: Hoe het die publiek se leesvoorkeure in 33 jaar verander en watter impak het dit op die boekindustrie? En wat hou die toekoms in? Lana Barnett, HUB van Leserskring, gesels met Kerneels Breytenbach, ʼn oud - uitgewer en skrywer,…
15 Mar 2014 8AM 38 min

Vertalings: Afrikaans en Engels, hand aan hand

Aangebied deur Umuzi: Met Fourie Botha, Kirby van der Merwe, Jaco Botha en Dominique Botha Die afgelope jaar of wat is verskeie romans gelyktydig in Engels en Afrikaans uitgegee. Maar is daar in die Suid-Afrikaanse letterkunde plek vir beide? En wat behels die vertaling van dié tekste? Die sprekers bekyk…
15 Mar 2014 4AM 48 min