Boer wreed op Landbrand vermoor

--:--
Die polisie op Ladybrand in die Vrystaat het bevestig dat 'n boer laat gistermiddag op sy plaas tussen Ladybrand en die Maseru-grenspos wreed vermoor is. Polisiewoordvoerder Phumelelo Dhlamini sê die voorval is gisteraand omstreeks 19:30 by die polisie aangemeld.

Intussen word die name van 'n boer en 'n huiswerker wie se lyke gister in die boer se plaashuis in die Wepener-distrik gekry is, vir eers weerhou totdat al hul naasbestaandes in kennis gestel is. Hulle het verskeie skietwonde opgedoen. Die 48-jarige boer se lyk is in die woonkamer gevind. Sy voete is vasgebind. Die huiswerker se lyk is in 'n kamer in die huis op die vloer gekry. Haar voete is ook vasgebind.
21 Apr 2017 12AM English South Africa News · Business

Other recent episodes