Polisie soek na ongeveer 20 mans ná gewapende rooftog by Vanderbijlpark-casino

--:--
Die polisie in Vanderbijlpark is op soek na ongeveer 20 mans wat by die Emerald Resort and Casino in Vanderbijlpark toegeslaan en met ’n onbekende bedrag kontant gevlug het.

Polisiewoordvoerder, Gertrude Makhale sê 'n vermeende rower is doodgeskiet en vyf ander mense is beseer tydens die voorval gisteraand.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van die nooddiens ER24, het paramedici met hul aankoms op die toneel die man se lyk by die hoofingang na die casino gevind. Twee van die beseerdes is sekuriteitswagte. Hulle het ook skietwonde opgedoen. Die ander drie is glo aangerand. Volgens Meiring het hulle geringe beserings opgedoen. Al vyf is na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die bestuur van die casino het Dinsdagoggend in 'n verklaring gesê verskeie skote is afgevuur, maar besoekers is nie beseer nie.
18 Apr 2017 5AM English South Africa News · Business

Other recent episodes