Heidedal skool kry pluimpie

--:--
‘n Hoërskool in Heidedal, Bloemfontein het ‘n pluipie gekry as een van die beste skole in die streek nadat die Openbare Dienste Kommissie (ODK) die skool vandeesweek besoek het. Die kommissie het altesaam tien skole – in al vier streke in die provinsie – geïdentifiseer vir inspeksies. Die beskikbaarheid van handboeke, leermateriaal en die algemene toestand van die skoolgronde word getoets. Die provinsiale kommissaris van die ODK, Henk Boshof, sê Heatherdale Sekondêre Skool in Heidedal het die toets met vlieënde vaandels geslaag en die skool gaan ‘n voorbeeld wees vir ander skole in die provinsie.
18 Jan 2017 10PM English South Africa News · Business

Other recent episodes