Leefwêreld van die Gestremde
RSG | Afrikaans Podcast, ±11 min episodes every 1 week
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
19 May 2013
Juanita Cronje vertel van die uitdagings rondom die bestuur van ‘n projek soos die Cluny Farm buite Johannesburg.
12 May 2013
Hanlie Visser vertel hoe om sinvol te kommunikeer met mense wat aan Alzheimer se siekte ly.
5 May 2013
Wat word met rabat of korting op ingevoerde voertuie vir mense met gestremdhede bedoel? Hoekom word die korting toegeken en wat is die verskillende kategorieë en wie kan daarvoor in aanmerking kom.
28 Apr 2013
Wat word bedoel met hulpmiddele vir mense met gestremdhede? Die beskikbaarheid en bekostigbaarheid van ’n aantal vorme van hulpmiddele word bespreek.
21 Apr 2013
Die klem val op die bemagtigingswerk wat die Vereniging vir Persone met Gestremdhede in Nelson Mandelabaai doen.
14 Apr 2013
Fanie du Toit gesels met dr. Antionette van der Merwe oor hoe die Telematiese Dienste by die Universiteit van Stellenbosch ‘n bydrae lewer om die breë gemeenskap oor die die impak van gestremdheid in te lig.
7 Apr 2013
Hannl Cronje vertel van die werk wat die Orion Organisasie in Atlantis doen.
31 Mar 2013
Fanie du Toit en sy gas beantwoord luisteraarsvrae oor die benadering wat mense met gestremdhede kan volg om deel van die breë gemeenskap te wees.
24 Mar 2013
Hoe toeganklik is die Ysterman-kompetisie vir mense met gestremdhede? Die driekampatleet, Francois Jacobs, vertel meer oor sy deelname aan hierdie kompetisie.
17 Mar 2013
Fanie du Toit gesels met Lein Smuts oor die ekonomiese bemagtiging van mense met gestremdhede in Suid-Afrika. Die fokus val op die gehalte van’n wye reeks produkte, wat deur mense met gestremdhede vervaardig word.
10 Mar 2013
Ledivia Hamman vertel meer oor die fossielroete en geologiese uitstalling by die Instituut vir Blindes op Worcester.
3 Mar 2013
Hoe prakties is die beoefening van karate deur mense met gestremdhede? Dirk van der Merwe vertek meer van die bemagtigingspotensiaal van hierdie gewilde sport.
24 Feb 2013
Jan du Plessis vertel meer oor die impak van siggestremdheid op sy werk, sy omgewing en toekomsdrome.
17 Feb 2013
Wat is die impak van Loslitdag op die lewe van duisende mense met gestremdhede in Suid-Afrika?
10 Feb 2013
Fanie du Toit gesels met ds. Jan Oberholzer oor sy betrokkenheid die afgelope sewe jaar by die teologiese opleiding van Dowes in Suidelike Afrika.
3 Feb 2013
Fanie du Toit gesels met Ansa Wolfaard oor die impak van gestremdheid op haar lewe en hoe sy dit deur die jare beleef het.
20 Jan 2013
Die fokus val op die Aanhou Wen-sentrum in Somerset-Wes.
6 Jan 2013
Wat is aanvullende en alternatiewe kommunikasie en wie kan daarby baat? Holly Saxby, ’n spraakterapeut, vertel van tegnieke wat in die praktyk gebruik kan word.
30 Dec 2012
Fanie du Toit kyk na die oorsake, voorkoming en behandeling van depressie.
23 Dec 2012
Hoe kan ons voorkom dat mense met gestremdhede tydens die Feestyd uitgesluit word? Fanie du Toit kyk saam met ds. Gerrie Lubbe na oplossings.
