Middag op RSG 2

RSG  |  Podcast, ±5 min episodes every 5 days  |  Broadcast schedule
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus
21
MAR
Dit is vandag Wêreld Downsindroomdag. Die doel van die dag is mense bewus te maak van die potensiaal van persone met Downsindroom, en die bydraes wat hulle in die gemeenskap maak. Ettienne Ludick en Sue Pyler gesels hieroor met Magda Lourens, die voorsitter van Downsindroom Pretoria en 'n ouer van 'n volwassene met Downsindroom. Louis Lingenfelder, 'n volwassene met Downsindroom praat ook saam.
15
MAR
Leon de Beer, die adjunkdirekteur van die SA Federasie van Geestesgesondheid, gesels oor die werk van die federasie.
10
MAR
Die Nasionale Gestremdheidsregtemasjinerie se vergadering het onlangs in Midrand plaasgevind. Lidia Pretorius van die Departement van Sosiale Ontwikkeling en die Regte vir Gestremdes-groep vertel wat daar bespreek en besluit is.
09
MAR
Het jy geweet jy het meer as vyf sintuie? Benewens gehoor, sig, reuk, smaak en gevoel is daar ook drie innerlike sintuie wat jy elke dag gebruik om die wêreld mee aan te durf. Martin Headger hoor by dr. Melodie de Jager watter sintuie dit is.
23
FEB
Wie speel nog bordspeletjies noudat menige speletjies op selfone, rekenaars en ander digitale platforms beskikbaar is? Is dit iets van die verlede? Martin Headger het gaan uitvind by Morne Venter, 'n bordspeletjie-entoesias by Timeless Boardgames in Johannesburg.
21
FEB
Hy het later jare bekend gestaan as el-Hajj Malik el-Shabazz. Malcolm X was 'n Afro-Amerikaanse Moslemleier en menseregte-aktivis. Sue Pyler kyk na sy lewe.
17
FEB
Hoeveel keer per maand gee jy geld uit vir chloor vir jou swembad? Wat as daar 'n manier was dat die natuur jou swembad op 'n natuurlike manier kon skoonhou, sonder chemikalieë? Christelle van Tonder het by David Roberts van Eco Pools in Johannesburg gaan kers opsteek om meer te leer oor 'n ekoswembad.
17
JAN
Deesdae se kinders word in 'n tegnologiese-era groot , maar hoeveel blootstelling aan tegnologie ten opsigte van opvoeding is genoeg? En waar moet die balans gehandhaaf word? By die skool? By die huis? Ettienne Ludick en Sue Pyler gesels hieroor met Elmarie Moss-Dormehl, 'n opvoedkundige sielkundige, en Roger Jacobs, hoof van gespesialiseerde leerder- en opvoederondersteuning in die Wes-Kaap.
12
JAN
Van basiese padreëls tot wenke oor padveiligheid in nat weerstoestande... Ettienne Ludick en Sue Pyler gesels met adv. Johan Jonck, bestuurder van Arrive Alive se webtuiste, oor die belangrikheid van padveiligheid.
11
JAN
Jy het waarskynlik al gehoor van mense wat sterre koop as geskenke vir hulle geliefdes… Jip, sterre soos in die hemelruim! Martin Headger het meer hieroor gaan uitvind by Constant Volschenk van die Wits Planetarium in Johannesburg.
14
DEC
2016
Is dit vir jou al tweede natuur om met Bitcoin vir jou koffie te betaal? Of is jy steeds skepties oor die gebruik van virtuelegeld? Wel, virtuele geld is heel waarskynlik die geld van die toekoms en die geldeenheid wat jou beursie gaan laat bult. Volgens 'n onlangse artikel in Sake 24 deur ekonoom Dawie Roodt is dit ook nie 'n vergesogte idee dat virtuelegeld in die toekoms moontlik die einde van banke kan beteken nie. Este Gross het onlangs 'n seminaar oor Bitcoin, bygewoon. Dr. Anthony van Tonder, uitvoerende direkteur van kommunikasie by Lifestyle Galaxy verduidelik dat daar tans honderde kriptogeldeenhede is, en dat die konsep van 'n kriptogeldeenheid of virtuelegeldeenheid glad nie so Grieks is as wat jy dink nie…