Praat Saam

RSG  |  Afrikaans  |  Podcast, ±44 min episodes every day
PRAAT SAAM is 'n forum vir demokrasie in aksie. Dis die kans vir elke burger om sy sê te sê en deel te wees van die openbare debat. Dit is jou program om inligting te kry, ander se perspektiewe te hoor en gesamentlik te help soek na oplossings.
26
APR
Die omstrede Britse skakelmaatskappy, Bell Pottinger, het hulle bande met die Gupta-familie se maatskappy in Suid-Afrika verbreek. Hulle beweer hulle reputasie ly onder die negatiewe beriggewing. Wat behoort die verhouding tussen die media en skakelmaatskappye te wees?
25
APR
Ons praat oor die persepsies wat geskep is in die Huffington Post se artikel oor wit mans en hulle identiteit in 'n postapartheid Suid-Afrika.
24
APR
Die land se proposionele verteenwoordigingsstelsel is gevaarlik en gee politieke partye te veel mag, meen Blade Nzimande, sekretaris-generaal van die SAKP. Moet die kiesstelsel verander word en hoe kan dit gedoen word?
21
APR
Facebook gaan die manier hersien waarop gewelddadige video's en ander materiaal, wat strydig met sy standaarde is, hanteer word. Dit volg nadat 'n video oor hoe 'n moord gepleeg word, vir bykans twee ure op Facebook was. Hoe word sosiale media gebruik om kriminele gedrag te voed, te publiseer, en hoe moet dit benader word?
20
APR
Die voormalige nasionale polisiehoof, Riah Phiyega, en misdaadintelligensie hoof Richard Mdluli het sedert hulle skorsings, belastingbetalers meer as R15-miljoen gekos. Watter soort regte en voordele moet geskorste werknemers kry?
19
APR
Die EFF en IVP het bevestig dat hulle by die UDM gaan aansluit in hulle hofaansoek om parlementslede toe te laat om 'n geheime stem uit te bring wanneer die mosie van wantroue in president Zuma voor die parlement dien. Wat beteken 'n verenigde opposisie vir Suid-Afrika se politieke landskap?
18
APR
Hoekom neem mense die besluit om kinders in die lewe te bring?
17
APR
Die rugbybeheerliggaam in die suidelike halfrond, SANZAAR, het dit aan die Suid-Afrikaanse en Australiese rugbybase oorgelaat om te besluit watter spanne uit die Superrugby-kompetisie gelaat moet word. SANZAAR het aangekondig dat twee spanne van Suid-Afrika en een van Australië nie aanstaande jaar aan die kompetisie kan deelneem nie. Die kompetisie sal voortaan uit 15 spanne bestaan - vyf van Nieu-Seeland, vier elk van Australië en Suid-Afrika, en een elk van Japan en Argentinië. Ons kyk na die proses wat gevolg moet word, en vra watter twee spanne die trekpas moet kry.
13
APR
President Jacob Zuma sê hy is bereid om te gaan indien die ANC dit van hom vra. Wat is die verskil tussen die magte van die leier van die ANC en die president van SA?
12
APR
Reg en Verkeerd. Twee eenvoudige woorde, absolute pole. Maar vra vir iemand hoe hulle reg en verkeerd bepaal in hul lewe verskil die antwoord van mens tot mens. Indien dit bepaal word deur sosialisering binne 'n gesin of kultuur kan jy begin vrae vra oor die verskillende perspektiewe van reg en verkeerd tussen gesinslede. Kyk na die persoon langs jou op die kerkbank en teenstrydighede tussen persone van dieselfde kultuur kom vinnig na vore. Indien reg en verkeerd selfs binne 'n kultuur en homogene sosialiseringspatrone verskil, hoe benader ons reg en verkeerd tussen verskillende kulture in 'n diverse gemeenskap soos Amerika en hier in SA? Kulturele relativisme is van die sienswyse dat reg en verkeerd bepaal word volgens die kultuur en daar dus nie 'n absolute reg of 'n absolute verkeerd kan wees nie. As nie een sisteem bo 'n ander reg of verkeerd is nie, hoe kan jy oordeel vel? Hoe kan 'n hof besluit wat reg of verkeerd is?
11
APR
“Ok entrepreneurs. Doen wat julle doen”. 'n Tweet op die dag van die eerste rommelstatus aankondiging in SA was beduidend van die veerkragtigheid van entrepreneurs. De Wet Schoeman Direkteur: Sentrum vir Toegepaste Entrepreneurskap by die Universiteit van Stellenbosch se Besigheidskool en Cliff Klaasen, besigheidseienaar van verskillende besighede, hoofsaaklik die oliebedryf asook 'n belegger in media bespreek entrepreneurs se kreatiwiteit midde uitdagende ekonomiese omstandighede en gee raad aan moedelose entrepreneurs.
10
APR
Na die kabinetskommeling het die nuwe ministers hul voete begin vind met nuwe personeel en raadgewers. Wat is die rol van hierdie raadgewers en hoeveel mag het hulle in die politieke ruimte van die portefeulje?