Skrywers en Boeke

RSG  |  Afrikaans  |  Podcast, ±47 min episodes every 5 days
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
22
FEB
Ilse Salzwedel gesels met prof. Franck Hendricks oor die boek KAAPS IN FOKUS. Sy gesels ook met die 15-jarige Alme Hugo oor haar tienerroman SPEURDER NINA LUCKY, waarmee sy 'n finalis was in die Maskew Miller Longman-kompetisie. En Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde.
15
FEB
Ilse Salzwedel gesels met Elmari Rautenbach, organiseerder van die Skrywersfees by die Woordfees, oor waarna boekliefhebbers vanjaar kan uitsien. Betina Wyngaardt gesels oor PEN Afrikaans se Trippelsewe-toer deur die Noord-Kaap, en vertel ook sommer meer oor haar eie boekliefdes. Luister ook na haar gunstelingmusiek om die muse te laat ontwaak.
08
FEB
Ilse Salzwedel gesels met Danie Marais van PEN Afrikaans oor die organisasie se doen en late. Johan Myburg deel internasionale boekenuus, en Lauren Goldman van The Book Station vertel hoe hulle mense se lewens deur boeke aanraak.
01
FEB
Suzette Kotze-Myburgh gesels met die joernalis, dramaturg en filmmaker Sylvia Vollenhoven oor haar memoire KEEPER OF THE KUMM. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde. Ilse Salzwedel gesels oor nuwe kinderboeke, die derde week van die Afrikaanse roman en die ATKV-Skryfskool se Winterskryfskool op Potchefstroom.
25
JAN
Phyllis Green vertel vir Ilse Salzwedel wat haar gunstelingboeke in 2016 was. Die jeugboekskrywer Cecilia Steyn gesels oor haar werk, en Johan Myburg gesels oor interessante internasionale nuusgebeure in die boekewêreld.
18
JAN
Corina van der Spoel gesels met Bronwyn-Law Viljoen oor haar debuutroman THE PRINTMAKER. Ilse Salzwedel gesels met Elmari Rautenbach oor haar gunstelingboeke van 2016. En Johan Myburg gesels oor die internasionale boekewêreld.
11
JAN
Leonie van Rensburg van Graffiti Boeke vertel meer oor die topverkoper Afrikaanse boeke van 2016. Gielie Hoffman gesels oor die vyf beste boeke wat hy in 2016 gelees het. In sy insetsel oor die internasionale letterkunde, bring Johan Myburg hulde aan die kunsskrywer John Berger wat op 2 Januarie oorlede is. Hy gesels ook oor die Costapryse, en vertel meer oor Jacqui L'Ange, die Suid-Afrikaner wat vir die Etisalat-prys benoem is.
04
JAN
Suzette Kotze-Myburgh gesels met Tom Dreyer oor sy nuwe roman DORADO. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde, en Ilse Salzwedel speel drie skrywers se gunstelingskryfmusiek.
28
DEC
2016
Ilse Salzwedel gesels met Annelie Botes oor haar nuwe boek LUGKASTEEL. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde, en skrywers deel die musiek waarop hulle skryf.
21
DEC
2016
Suzette Kotze-Myburg gesels met John Miles oor sy nuwe roman OP 'N DAG, 'N HOND. Ilse Salzwedel hoor by Suzette wat haar top vyf Afrikaanse boeke in 2016 was. En Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.
14
DEC
2016
Ilse Salzwedel gesels met Sally Andrew, skrywer van Recipes for Love and Murder: A Tannie Maria mystery en Tannie Maria and the Satanic Mechanic. Anneli Groenewald, skrywer van Die Skaalmodel, vertel wat presies ʼn mens kan verwag van ʼn meestersgraadkursus in kreatiewe skryfkuns. En Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.
07
DEC
2016
Ilse Salzwedel gesels met kinderboekillustreerder Zinelda McDonald oor haar werk. Johan Myburg gesels oor gebeure in die internasionale boekewêreld, en vertel ook van sy top vyf Afrikaanse boeke vir 2016. En Ilse gesels oor lekker boeke vir kinders se Kerskouse.