US Woordfees NB-Fees 2014

NB-Fees 2014

Hierdie kanaal bevat opnames van NB uitgewers se items by die 2014 US Woordfees.
Afrikaans South Africa TV & Film · Arts
19 Episodes

Jacqueline Leuvennink – Op die spoor van hoop

Die bekende Jacqueline Leuvennink voer ’n gesprek met Gerard Scholtz oor haar debuutbundel. Op die spoor van hoop is ’n inspirerende dokumentering van die lewens van mense wat in hul pyn steier, maar hul hoop behou en bly getuig dat God jou nie verlaat nie. Ons moet soms ons siel…
11 Mar 2014 9AM 33 min

Abraham H. de Vries – Maar wie snoei die rose in die nag?

Wium van Zyl gesels met die meester van die kortverhaalskryfkuns, Abraham H. de Vries, oor sy jongste kortverhaalbundel. In ’n vertroude vertellerstem, ’n stem byna uniek in Afrikaans, word die leser in dié verhale herinner aan die verstrengeldheid van die magiese en aardse van ons lewens.
11 Mar 2014 8AM 46 min

Louis Esterhuizen – Die afwesigheid van berge

Francois Smith gesels met Louis Esterhuizen oor sy heel persoonlike, maar baie aktuele digbundel. Die drie uitgesponne gedigte wat die kern van dié bundel vorm, slaan die leser met die een kragtige golf van poëtiese besinning na die ander. Dit is die spreker se reis onderweg na die dood –die…
11 Mar 2014 6AM 41 min

Deon Meyer – Kobra

Bennie Griessel is eerste op die toneel: ’n bloedbad in ’n luukse gastehuis op ’n Franschhoek - wynplaas. Drie slagoffers van ’n geheimsinnige, blitsige, meedoënlose huurmoordenaar genaamd Die Kobra. Kan Griessel hom keer voordat hy weer toeslaan? Want daar was boonop ’n ontvoering. Huisgenoot se Elna van der Merwe praat…
14 Mar 2014 4AM 48 min

Mariël le Roux – Klara

Nanette van Rooyen vra Mariël le Roux uit oor haar roman,’n verhaal met ’n onweerstaanbare aardsheid. Klara is snaaks én hartverskeurend – dis nie aldag dat ’n mens jou so kan verlustig in die vreemde draaie wat die lewe gooi nie. Mariël is ook die skrywer van die topverkoperroman Die…
12 Mar 2014 4AM 46 min

Krokodil aan my skouer:Stoffel toe en nou –met Christiaan Bakkes

In Christiaan Bakkes se boeiende vertelling oor sy vormingsjare vertel Stoffel die verhaal van sy grensdiens en ontbloot ’n stuk geheime geskiedenis uit die bosoorlog. Nou voer hy ’n oorlog teen renosterstropery. Dit is Bakkes se eerlike en openhartige blik op homself en die lewe wat van hom so ’n…
12 Mar 2014 9AM 48 min

Sampie Terreblanche – Die kloof tussen ryk en arm

Tafelberg stel die bekende ekonoom Sampie Terreblanche se jongste boek bekend: Terreblanche deel sy uitgesproke en onverskrokke standpunt oor die stand van Suid-Afrika as land met van die grootste gapings tussen arm en ryk – ’n tendens wat sedert die ANC se oorname net vererger het. Dat dié onrusbarende gaping…
14 Mar 2014 5AM 55 min

Joan Hambidge – Meditasies

Uitgewer Etienne Bloemhof gesels met die bekende literêre figuur Joan Hambidge oor haar jongste digbundel, Meditasies,’n ryk geskakeerde bundel wat ’n beduidende bydrae tot die breë Afrikaanse digterlike leksikon lewer. Humor en satire tree dikwels op die voorgrond, en so ookbesonder skerp herinneringe. Haar bundel Visums by verstekis in 2012…
14 Mar 2014 6PM 51 min

Deon Opperman – Donkerland

Kerneels Breytenbach gesels met Deon Opperman oor die roman Donkerland – ook een van die grootste TV - gebeurtenisse van 2013, die epiese kykNET - reeks wat 158 jaar van Afrikaner - geskiedenis in 13 episodesteleskopeer. Een van die mees ambisieuse skeppings in Opperman se loopbaan as dramaturg endraaiboekskrywer is…
15 Mar 2014 5AM 49 min

Marié Heese – Vuurklip en Karoo - Kantate

Amanda Botha praat met die skrywer van Die uurwerk kantel, Marié Heese, oor haar jongste jeugroman Karoo - Kantate. Heese vertel ook van haar eerste Afrikaanse roman in 30 jaar, Vuurklip –’n magiese verhaal oor die lotgevalle vandie land - en die seestamme aan die suidkus van Afrika 100000 jaar…
10 Mar 2014 8AM 43 min

DF Malan en die opkoms van Afrikaner-nasionalisme

Die jong, dinamiese historikus Lindie Koorts bring vir ons ’n treffende stuk sosiale geskiedenis – ’n biografie van DF Malan, maar terselfdertyd ook van die Afrikanervolk. Die geskiedkundige Albert Grundlingh lig boeiende kwessies uit in ’n gesprek met haar.
Woordtrofee Wenner: Debuutskrywer
13 Mar 2014 4AM 29 min

Digtersparadys

Met TT Cloete, Adam Small, Wilma Stockenström en Hennie Nortjé: Kom luister saam na baie spesiale voorlesings uit hul jongste bundels deur drie van die grootste digters in Afrikaans: Hierdie mens –Wilma Stockenström; Klawerjas– Adam Small, en Karnaval en lent– TT Cloete. Hennie Nortjé sluit by hulle aan met In…
15 Mar 2014 10AM 44 min

Leon van Nierop – Plesierengel

Die bekende radio-, televisie - en romanskrywer Leon van Nierop gesels oor sy gewaagde nuwe roman – ’n aangepaste weergawe van sy 1998-blitsverkoper. Dié slag word die verhaal kookwaterwarm, onbevange en onbevrees vertel. Soos dit regtig daagliks gebeur... Dit is Van Nierop soos jy hom nog nooit gelees het nie…
15 Mar 2014 4AM 45 min

Dana Snyman – Onder die radar: Stories oor ons land en sy mense

In sy nuwe bundel vertel Dana Snyman stories van ons land se mense, die gewone mense. Eg en met deernis, soos ons Dana leer ken en leer liefkry het. Hy skryf en praat met nederigheid en respek oor die mense wat andersins ongesiens lewe, en in die proses verryk hy…
15 Mar 2014 8AM 43 min

Die oorlog kom huis toe – drie kenners van die geskiedenis in gesprek

Fransjohan Pretorius praat met die redakteurs en historici Bill Nasson en Albert Grundlingh oor konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog en hoe hul boek vars perspektiewe bied op wat as ’n bekende verhaal beskou word. Dit ondersoek die sonderlinge krag van die Boerevroue en hul bydrae om Boerekrygers in die oorlog te…
13 Mar 2014 5AM 47 min

Joernaliste pleeg moord

Elmari Rautenbach praat met die joernaliste Ilza Roggeband en Irma Venter, en oudjoernalis Rudie van Rensburg, oor die boeiende misdaadfiksie wat hulle pleeg, die uitdagings wat die genre bied, en die oorgang van joernalistiek na romanskryf. Roggeband en Van Rensburg se debuutromans, Noot vir dood en Slagyster , en Venter…
14 Mar 2014 6AM 48 min

Abraham Phillips – Die hart van ’n ma

Willemien Brümmer praat met Abraham Phillips oor sy ontroerende en aktuele roman oor die mens se uitgelewerdheid aan magte buite homself, en sy stryd om geregtigheid. Die roman vertel die storie van ’n arm gemeenskap waar tik al hoe meer verwoesting saai en drie ma’s desperaat laat vra: wie is…
13 Mar 2014 6AM 45 min

Hans du Plessis - As die wind kom draai

Die geliefde skrywer Hans du Plessis gesels met Bart de Graaff oor sy nuwe historiese roman. In As die wind kom draai loop Du Plessis op die spore van die vroeë Voortrekkers die onverkende tegemoet en bring ’n verhaal wat soos ’n rosyntjiebos opspruit uit hierdie land se harde grond.
11 Mar 2014 8AM 42 min

Wilna Adriaanse: Dubbelspel

Hulle is almal in die land, van die Chinese triades tot die Russiese mafia. En geld is die enigste God wat aanbid word. Toe Ellie McKenna instem om hierdie wêreld te infiltreer, het sy gedink sy weet waarvoor sy haar inlaat. Maar soos haar pa altyd gesê het, die duiwel…
14 Mar 2014 8AM 46 min